23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Donderdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Groeipyne

Donderdag 5 Februarie 2015

5 Feb

Hoe kan ek my kind se selfbeheersingsvaardighede ontwikkel? Ons ken almal die situasie waar kinders net nie kan wag vir iets nie – of dit nou in die motor is, in die winkel of by die huis. Moet 'n mens ingee of nie?

Donderdag 29 Januarie 2015

29 Jan

Marise Oberholser, onderwyskundige en skrywer van Wiskunde-boeke, gesels oor Wiskunde en hoe dit verskil tussen Graad R en Graad 1. Watter rol speel tel en die verskillende soorte tel in 'n kind se wiskundige ontwikkeling, en hoe moet ek Wiskunde-huiswerk saam met my kind aanpak?

Donderdag 22 Januarie 2015

22 Jan

Johan van Lill praat met Hettie Brittz, skrywer en oueropleidingspesialis, oor hoe gemaak as jou kind die verkeerde maats kies. Sekere temperamente lok sekere maats aan, en dis belangrik dat ouers en kinders met goeie gesprekvoeringsvaardighede sal weet hoe om dit te hanteer.

Donderdag 15 Januarie 2015

15 Jan

Johan van Lill praat met Elmarie Stofberg, 'n onderwyskundige, oor hoe om die angel uit Graad 4 te haal. Ouers sit baie keer met hulle hande in die hare, omdat hulle kinders in graad 4 sukkel om te leer. Die ouers wil help, maar weet nie hoe nie. Die oorgang van die grondslagfase na die intermediêre fase is vir baie kinders en ouers 'n groot kopseer.

Donderdag 18 Desember 2014

18 Dec

Johan van Lill praat met Karen Fitzgerald en Casper Oelofsen, twee kenners oor mindfullness wat as bewuswording of aandagtigheid vertaal kan word, oor tegnieke wat jy kan gebruik om jou aandag by jou kinders te bepaal. Hulle verduidelik hoe om op 'n besige dag, tussen alles wat jy moet doen, op 'n bepaalde oomblik op jou kinders te fokus wanneer hulle aandag vereis.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: