23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Woensdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Hoe verklaar jy dit?

Sondag 20 Desember 2020

Hoe verklaar ky dit? 20 Desember 2020

Wat veroorsaak winde, waar in die ingewande ontstaan dit en hoekom ruik dit so sleg? Waarom moet medikasie soms slegs soggens of slegs met slapenstyd ingeneem word? As jy ooit gewonder het hoeveel melkwegstelsels in die verkenbare ruimte is, wil jy nie eens weet hoe lank dit jou sou neem om die aantal sterre te tel nie!

Sondag 13 Desember 2020

Hoe verklaar jy dit? 13 Desember 2020

Byt alle akkedisse só seer, en is dit normaal as julle jou beetkry om nié te laat los nie? Word ‘n mens met hoogtevrees gebore? Waarom ondervind ons nie hoogtevrees in vliegtuie nie, maar wel op ‘n hoë gebou? Daar word beweer dat sekere volke, bv. die inheemse mense van Amerika, nie aan hoogtevrees ly nie, en hulle word daarom gebruik om die staalstrukture van wolkekrabbers te bou. Is dit so?

Sondag 6 Desember 2020

Hoe verklaar jy dit? 6 Desember 2020

Wil jy meer weet oor die Europese spreeu? Hoe produseer ‘n hond melk as sy nié dragtig was nie? Waarom sou tarentale kolganskuikens as ‘n bedreiging beskou?

Sondag 29 November 2020

Hoe verklaar jy dit? 29 November 2020

Waar kom tyd en ruimte vandaan? Wat is die skilderbont-rietpadda? Hoekom verander hulle van kleur? En, kan paddas kleur in die donker onderskei?

Sondag 22 November 2020

Hoe verklaar jy dit? 22 November 2020

Het jy geweet kwikkies kan tot vier maal ‘n jaar broei? Wat is die verskil tussen besering of misvorming by kwikkies na aanleiding van ‘n luisteraar se foto’s? Het dit met gifstowwe te make? Watter rol speel genetika in wetenskaplike naamgewing? Hoe gereeld vind kruisings tussens verskille spesies plaas?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: