12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Hoe verklaar jy dit?

Saterdag 12 Oktober 2019

Hoe verklaar jy dit?

'n Krap lyk baie soos 'n kreef sonder 'n stert, maar 'n kreef gebruik sy stert om te swem. Kan 'n krap swem? Ons hoor van 'n haarskeerderspinnekop wat lyk of hy vyf paar pote het, en nie vier soos ander spinnekoppe nie. Hoe giftig is reënspinnekoppe, en sal hulle in jou huis nesmaak en broei as jy nie ontslae raak van hulle nie?

Saterdag 5 Oktober 2019

Hoe verklaar jy dit?

Die span gesels oor die baard aan 'n man se gesig en testosteroon; die voorwaartse beweging van 'n outogiro; en beantwoord verskeie vrae oor suurstof.

Saterdag 28 September 2019

Hoe verklaar jy dit?

Ons gesels oor hoe voëltjies dit regkry om te praat, en waarom hulle dit doen. Ons vind meer uit van die afdruk van 'n fossiel in 'n klip, en wonder of dit dalk die vin van 'n vis kan wees. En ons hoor of die vrystelling van gasse soos metaangas en koolsuurgas deur beeste werklik aardverwarming bevorder.

Saterdag 21 September 2019

Hoe verklaar jy dit?

Ons gesels oor Kappertjies wat naby Jakob Regop-blomme groei, wat dieselfde kleurverskynsel toon. Het die kleurpatrone dalk iets met die grond te doen, of is dit geneties? Dan hoor ons meer oor klein ongemaklike insekte in jou huis, en vind uit watter slange die grootste is en die redes daarvoor.

Saterdag 14 September 2019

Hoe verklaar jy dit?

Ons gesels oor waterskilpaaie en of hulle op land of in water ontstaan het. Hout word met sekere chemikalië behandel, en ons vind meer uit oor die veiligheid daarvan vir mense.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: