23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Jaco de Waal

Jaco de Waal

Volgende: -

-

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Hoe verklaar jy dit?

Saterdag 7 September 2019

Hoe verklaar jy dit?

Hoekom is die Namakwalandse bloukopkoggelmander so groot in vergelyking met die soort wat in die Vrystaat voorkom? Is dit dalk 'n ander spesie? Ons vind meer uit oor die vertakte patroon op 'n klippie, en vind uit of dit 'n geologiese verskynsel of 'n plantfossiel is. Ons gesels oor evolusie en aanpassing, en vind meer uit oor Tafelberg-sandsteen.

Saterdag 31 Augustus 2019

Hoe verklaar jy dit?

Hoe, of met wat, word die waterverbruik van 'n groot bloekomboom gemeet? Aan die Skedelkus van Namibië lê talle skeepswrakke, party lê baie ver van die huidige waterlyn. Hoe kom hulle daar? Hoekom spoeg eiervreterslange altyd die eierdop uit wanneer hulle klaar 'n eier se binneste verorber het? En hoe weet jy dat dit 'n wyfie- of mannetjieslang is?

Saterdag 24 Augustus 2019

Hoe verklaar jy dit?

Hoe is dit moontlik dat 'n stukkie los mat wat bo-op 'n vloer of op 'n ander mat lê, die geneigdheid het om mettertyd oor die vloer te kruip? Hoe beweeg die wind 'n deur wat byna toe is, heen en weer? Het dit iets te doen met golflengte? En ons hoor meer oor nuwe mariene spesies op die bodem van die oseaanvloer, wat gelei tot groot entoesiasme oor die diepseelewe.

Saterdag 17 Augustus 2019

Hoe verklaar jy dit?

Wat is die oplossing vir voëlpeste? En noudat Amerika weer wil maan of Mars toe, wat is die kanse dat jy daar deur 'n asteroïde getref kan word, siende dat daar minder van 'n atmosfeer is, en 'n kleiner voorwerp dit dus kan oorleef?

Saterdag 10 Augustus 2019

Hoe verklaar jy dit?

Ons kenners gesels oor die ewolusie van voëlvere, en ons vertel jou meer van die roep van 'n blafgeitjie.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: