06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Renske Jacobs
Gustav Greyling

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Groeipyne

Met Anthea Fredericks

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Hoe verklaar jy dit?

Saterdag 2 Februarie 2019

Hoe verklaar jy dit?

Waarom klink mense se stemme verskillend? Hoekom traan jou oë as jy gaap? Wat is die nut van muskiete, muggies, brommers en vlieë? En wat is die impak van inteling in die natuur?

Saterdag 26 Januarie 2019

Hoe verklaar jy dit?

Hoekom lê 'n dooie insek altyd op sy rug? In watter mate word 'n mens se vingerafdrukke deur die gene van jou ouers bepaal? Is dit waar dat rooi perdebye in April nie steek nie? Loop swanger diere 'n groter risiko om deur roofdiere gevang te word?

Saterdag 19 Januarie 2019

Hoe verklaar jy dit?

Is die bohaai oor aardverwarming nie 'n blote bangmaakstorie nie? Wat is die oorsprong van harde modderballe met 'n gat in die middel wat by Thabazimbi gevind is? Hoe identifiseer 'n mens 'n padda met 'n vreemde kwaakgeluid wat sy verskyning in 'n tuin in Johannesburg gemaak het?

Saterdag 12 Januarie 2019

Hoe verklaar jy dit?

Hoekom is daar temperatuurverskille tussen voorwerpe in dieselfde vertrek? Hoe kry sommige padda- en visspesies dit reg om tydens droogtes vir lang tye ondergronds te oorwinter? En wat word van al die rubberstof wat daagliks weens slytasie van motorbande af kom?

Saterdag 5 Januarie 2019

Hoe verklaar jy dit?

Hoe het reënmeters ontwikkel, en wat is die nut daarvan? Kan 'n mens elektrisiteit uit die kosmiese agtergrondstrale tap? Wie besluit watter diere moet as probleemdiere geklassifiseer word?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: