06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Renske Jacobs
Gustav Greyling

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Groeipyne

Met Anthea Fredericks

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Hoe verklaar jy dit?

Sondag 1 Januarie 2012

1 Jan 2012

Hoe groot is ‘n voorstedelike mier-kolonie? Hoekom neem kat- en hondehare so lank om afgebreek te word? Loop ‘n skilpad gevaar om te veel water te verloor as ‘n mens hom knaend optel? En aan watter familie behoort ‘n metaalkleurige muskiet?

Sondag 18 Desember 2011

18 Dec 2011

Kan dit reën sonder dat daar ‘n koue of ‘n warm front teenwoordig is? Wat veroorsaak ‘n onderstebo reënboog? En hoe het die kruis en dwars strepe in die veld ontstaan wat ‘n mens noord van Carnavon uit die lug sien? Die gaste is Bennie Schloms en Piet Eloff.

Sondag 11 Desember 2011

11 Dec 2011

Wat veroorsaak die brul-geluid wat sandduine in die Noord-Kaap maak? En kom hierdie verskynsel slegs daar voor? Dan wil ‘n luisteraar ook weet hoe vertolk ‘n mens die lyne wat isobare op weerkaarte aandui? En hoe verskil dit van kontoerlyne op ‘n kaart?

Sondag 4 Desember 2011

4 Dec 2011

Hoekom het dinosourusse sulke lang nekke gehad? En hoe het hulle harte dit reg gekry om die brein van bloed te voorsien? Dan wil ‘n luisteraar ook weet hoekom stink die blomme van sekere plante so erg?

Sondag 27 November 2011

27 Nov 2011

Die diversiteit wat oor die eeue op die aarde voorgekom het, en vandag steeds voorkom, is die direkte uitvloeisel van aardverwarming hetsy natuurlik of mensgemaak. So sê professore LeFras Mouton en Henk Geertsema, asook die ekoloog, Dave Pepler.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: