05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Nou op die lug: 06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Udo Carelse

Volgende: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Monitor

Vrydag 16 Maart 2012

Afriaanse skole vaar goed

'n Spitsberaad oor onderwys het gister gehoor dat die prestasie van Afrikaanse skole uitstekend is en in die meeste gevalle goed vergelyk met die res van die wêreld. Waaroor daar egter wél kommer is, is die betreklik lae persentasie van Afrikaanssprekende skoolleerlinge wat uiteindelik een of ander toepaslike tersiêre kwalifikasie verwerf. Cobus Bester praat hieroor met twee onderwyskundiges wat gister se beraad bygewoon het, prof. Marlene Verhoef van Noordwes Universiteit en prof. Gerrit Kamper van Unisa.

Woensdag 14 Maart 2012

Rampmyn se skag gaan verseël word

Die ingang tot die skag by die Gravelotte-myn wat verlede week ingeval en sowat 20 onwettige myners se lewens geëis het, sal waarskynlik op 21 Maart verseël word. Die uithaal van die onwettige myners se lyke is gestaak omdat dit te gevaarlik is vir die reddingswerkers. Mine Rescue Services het gister 'n verslag met dié strekking aan die Departement van Minerale Hulpbronne oorhandig. Die hoofbestuurder van Mine Rescue Services, Christo de Klerk, sê daar is egter steeds onwettige myners werksaam onder in die myn.

Woensdag 14 Maart 2012

Ekonome verskil oor werkloosheid

'n Bitter twis oor werkloosheidsyfers het onstaan tussen die indiensnemingsagentskap Adcorp en die Skool vir Ekonomie en Datafirst by die Universiteit van Kaapstad. Die debat gaan oor die groot verskil tussen Adcorp se indiensnemingsyfers wat maandeliks verskyn, en dié van Statistiek Suid-Afrika. Prof. Martin Wittenberg en die navorser Andrew Kerr van dié universiteit, meen Adcorp se syfers is verkeerd. Loan Sharpe van Adcorp beklemtoon egter dat 'n mens ook werkskepping in die informele sektor in berekening moet bring.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: