23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Oppiradio

Donderdag 9 Julie 2020

Anton Goosen, Liedjieboer

Anton Goosen, Liedjieboer, sy lewensverhaal soos vertel aan Hanlie Retief, word deur Johan Rademan onder die loep geneem in 'n gesprek met die legendariese baanbreker musikant, Anton Goosen, en bekroonde skrywer Hanlie Retief. Die boek is rock-'n-roll in die binnewêreld van die legendariese liedjieboer. Hanlie Retief vertel Goosen se buitengewone lewensverhaal, van sy grootwordjare in die Vrystaat, die Musiek-en-Liriek-era, sensuur, hoogtepunte en teleurstellings, tot waar die vader van Afrikaanse Rock 'n terugblik gee op sy merkwaardige lewe.

Vrydag 14 Februarie 2020

Dean Balie

Haidee Muller gesels met bekroonde teaterakteur en sanger Dean Balie oor die musiek in sy are, David Kramer, en die toonsetting van Adam Smal se gedigte.

Vrydag 10 Januarie 2020

Hilandi du Toit

Haidee Muller kuier in die sangeres Hilandi du Toit se tuisateljee. Sy speel vir haar 'n paar liedjies op verskillende kitare, en gesels met Haidee oor haar indrukwekkende kitaarversameling.

Vrydag 27 Desember 2019

Refentse

In 2016 het Refentse vir die eerste keer by die OPPIRADIO-ateljee kom kuier. Hy was net uit die skool, en sy loopbaan het nog nie begin nie. Daar was 'n video van hom op Facebook wat die land aan die gons gehad het, maar niemand het geweet hoe vinnig sy loopbaan en lewe sou verander nie. Drie jaar later spog hy met drie albums. Wat lê voor vir hierdie jong musikant? Christelle van Tonder gesels met hom oor sy planne vir 2020.

Vrydag 20 Desember 2019

Karen Zoid

Karen Zoid het in 2000 Suid-Afrikaners regop laat sit en luister na haar lied, Afrikaners is plesierig. Sy vier volgende jaar 20 jaar in die musiekbedryf. Haar jongste album, Op die oomblik Deel 2, weerspieël waar Karen haar in hierdie stadium in haar lewe en loopbaan bevind. Christelle van Tonder het met haar gesels voor haar laaste vertoning in Johannesburg in 2019 by die Teatro in Montecasino.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: