16:00 - 17:00

Spesiale uitsending

Met Flip Loots

Nou op die lug: 17:00 - 18:00

Dis gospel

Met Jacqui January

Jacqui January

Volgende: 18:00 - 18:10

Nuus & Weer

18:10 - 19:00

Musiek op RSG

Met Phil Loots

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Praat Saam

Maandag 29 November 2021

Praat saam 29 November 2021

Die Verenigde Nasies se klimaatsberaad, COP26, het sy fokus verskuif en kyk nou na finansiersingsmoontlikhede vir beleidsaksies vanuit die private sektor. Honderde van die wêreld se grootste banke en finansieringsmaatskappye het by ‘n alliansie aangesluit wat hulle finansiële steun vir die oorgang sal bied om in ‘n laekoolstof-toekoms te belê. Gaan dit hier oor die hondjie of die halsbandjie?

Vrydag 26 November 2021

Praat saam 26 November 2021

Is daar ‘n aanslag op die Afrikaanse taal en sprekers? Daar is diverse menings binne die Afrikaanse gemeenskap hieroor. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het dit benadruk dat hulle hul distansieer van die Minister van Hoër Onderwys, Tegnologie en Innovasie, dr. Blade Nzimande, se “uitgediende stereotipering van die Afrikaanse taalgemeenskap.” Verlede week het ons ‘n gesprek gehad oor simbole en die EFF se voorstel dat Die Stem-deel van die volkslied verwyder en vervang moet word. Is daar ‘n aanslag op die Afrikaanse taal en sprekers?

Donderdag 25 November 2021

Praat saam 25 November 2021

Met die meeste koalisies in plek, nuwe burgemeesters wat verkies is, en waarskynlik nog kopstampery binne raadsvergaderings oor poste, kyk ons na die rol van die media in die dekking van plaaslike regeringskwessies - nie net tydens verkiesingsveldtogte of wanneer manifeste bekendgestel word nie, maar ook beriggewing oor uitdagings van inwoners op plaaslike regeringsvlak voor en ná verkiesings.

Woensdag 24 November 2021

Praat saam 24 November 2021

Patricia Zweig, 'n dosent vir ramp- en risikovermindering aan die Universiteit Stellenbosch, vra in ‘n navorsingstudie in die akademiese vaktydskrif, Area, hoe mens arm, gemarginaliseerde jong mans in informele nedersettings aanmoedig om openhartig oor hulle onsekerhede en uitdagings te praat. Zweig sê navorsing wys dat jong mans in informele nedersettings meer dikwels misdaadslagoffers is, wat wys op hulle kwesbaarheid in hierdie gemeenskappe. Ons praat oor die konsep van manlikheid en manwees – nie net in arm gemeenskappe nie, maar in ‘n veranderende samelewing.

Dinsdag 23 November 2021

Praat saam 23 November 2021

Die Minister van Gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, Albert Fritz, sê die stabilisering van misdaadtendense in die provinsie is bemoedigend. Fritz het gereageer op die jongste misdaadstatistiek wat die Minister van Polisie, Bheki Cele, bekendgemaak het. Volgens die statistiek is daar ‘n toename in geweldsmisdaad in die ander provinsies. Fritz sê in die Wes-Kaap het bendeverwante moorde, aanranding, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede onderskeidelik met tussen drie en 15-persent afgeneem. Die SAPD sukkel om misdaad hok te slaan. Moet hulle die praktyk en strategie verander, en hoe?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: