12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Praat Saam

Maandag 22 November 2021

Praat saam 22 November 2021

Die ANC in Noordwes het amptelik ‘n koalisie-ooreenkoms aangegaan met twee opposisiepartye en ‘n onafhanklike kandidaat in die Rustenburg plaaslike munisipaliteit. Dié munisipaliteit is een van drie in die provinsie, waar daar nie ‘n volstrekte meerderheid in die verkiesing behaal is nie. As daar nie koalisies in munisipaliteite in plek is nie, hoe beïnvloed dit dienslewering en politieke sekerheid?

Vrydag 19 November 2021

Praat saam 19 November 2021

Die EFF wil hê dat Die Stem uit die huidige volkslied verwyder en met ander woorde vervang word. Die party se president, Julius Malema, sê dit gaan nie gaan oor die taal, of 'n poging om Afrikaans uit te sluit nie, maar eerder die historiese konteks. Hy sêt ‘n mooi, nuwe Afrikaanse melodie moet gekomponeer word om Die Stem te vervang. Ons praat oor die stigma en historiese lojaliteit teenoor sekere simbole, en hoe jy teen daardie agtergrond ‘n inklusiewe samelewing kan skep.

Donderdag 18 November 2021

Praat saam 18 November 2021

Dit is 20 maande sedert die Nasionale Ramptoestand in Suid-Afrika afgekondig is weens die coronaviruspandemie, wat in Maart verlede jaar in die land uitgebreek het. Die Departement van Gesondheid waarsku dat ‘n vierde vlaag van die virus verwag word, moontlik van middel Desember af of vroeg in Januarie 2022. Ons praat oor die ekonomiese implikasies hiervan vir die land vorentoe.

Woensdag 17 November 2021

Praat saam 17 November 2021

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat sê hy ondersoek die voorval waartydens ‘n polisiebeampte ‘n man geskiet het by ‘n lodge in Muldersdrift buite Krugersdorp. Die polisie se hulp is ontbied nadat die man, wat glo gewapen was, in ‘n onderonsie met personneellede betrokke was. Op beeldmateriaal wat op sosiale media verprei word, kan gesien word hoe die man sy vuurwapen oorhaal en ‘n vroue polisiebeampte se wapen by haar afneem. Hy word daarna deur ‘n ander polisiebeampte in die kop geskiet. Hy is in ‘n koma onder polisiebewaking. Wat is die regte en verantwoordelikhede van vuurwapeneienaars wanneer ‘n wapen hanteer word?

Dinsdag 16 November 2021

Praat saam 16 November 2021

Die FW de Klerk-stigting het aangekondig dat wyle president De Klerk ‘n private verassing en begrafnis sal hê. De Klerk is verlede Donderdag by sy huis in Kaapstad oorlede nadat hy vroeër vanjaar met kanker gediagnoseer is. Hy was 85. Sy dood het gemengde reaksie ontlok, met sommige wat hom as ‘n uitverkoper brandmerk en ander wat hom loof vir die Rubiconoorgang wat die land voor demokrasie gemaak het. Ons praat oor die polemiek en politiek wat die dood kan meebring.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: