21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Nou op die lug: 21:20 - 22:10

Musiekbonbons

Met Terrance April

Terrance April

Volgende: 22:10 - 22:30

Islam in Fokus

Met Shahieda Carlie

22:30 - 23:00

Musiek op RSG

Met Sue Pyler-Slabbert

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Praat Saam

Maandag 15 November 2021

Praat saam 15 November 2021

Die inhuldiging van die nuwe DA-burgemeester van die Umgeni-munisipaliteit in die KwaZulu-Natalse Middeland, Chris Pappas, is ontwrig toe die geskorste munisipale bestuurder, Thembeka Cibane, aangedring het om die verrigtinge te lei. Die DA en die EFF het uitgestap nadat die waarnemende munisipale bestuurder na bewering geweier het om Cibane te vra om die sitting te verlaat. Die DA wil nou regsmening kry oor die geskorste munispale bestuurder. Wat is die belangrikste kwessies wat die koalisierade moet aanspreek?

Vrydag 12 November 2021

Praat saam12 November 2021

Die voormalige Johannesburgse burgemeester en leier van Action SA, Herman Mashaba, sê hy is bereid om sy persoonlike gevoelens opsy te skuif en met die DA in ‘n koalisieregering saam te werk. Mashaba het bevestig dat Action SA in gesprek is met die DA en die EFF oor moontlike koalisievorming in Johannesburg en Tshwane. Hy het aanvanklik gesê hy sal nooit as te nimmer met die DA, ANC en EFF in vennootskap tree nie. Ná die verkiesing het partye twee weke om ooreenkomste op skrif neer te pen. Ons bespreek die koalisieonderhandelinge, en vra wat partye moet opoffer om mag te bekom.

Donderdag 11 November 2021

Praat saam 11 November 2021

Eskom se bestuurshoof sê hy gaan nié bedank nie, nadat die kragvoorsiener die afgelope week fase 4 beurtkrag ingestel, en dit later na vlak 3 afgradeer het. Intussen skryf die joernalis Max Du Preez die volgende: “Sonder André de Ruyter aan die stuur lyk Eskom se toekoms heelwat donkerder.” Hy lewer ook kommentaar op pogings om van De Ruyter en Cyril Ramaphosa as leier van die ANC ontslae te raak, en noem dit ‘n propaganda-oorlog. Ons fokus op leierskap, hetsy op raadsvlak as deel van ‘n uitvoerende gesag, of op ‘n politieke vlak.

Woensdag 10 November 2021

Praat saam 10 November 2021

Na ons gesprek twee weke gelede oor die druk en stres wat matrikulante tydens die eindeksamen ervaar, is ons oorval met briewe van ouers en matrieks wat sê hulle ervaar ook stres weens universiteitsaansoeke wat moet klaarkom en die laat kennisgewings van universiteite oor moontlike toelating tot kursusse. Hoe lyk die keuringsprosesse van universiteite gegewe die veranderinge met die hantering van die Covid-pandemie?

Dinsdag 9 November 2021

Praat saam 9 November 2021

Die gemeenskap van Durbanville in die Kaap is in rou gedompel ná die dood van 'n 66-jarige man wat deur twee honde aangeval is. Dit is steeds onduidelik hoe die honde uit die erf ontsnap het. Die oorledene se gesig, kop en voete is gebyt. Behoort eienaars aanspreeklik gehou te word vir hulle diere se dade? Tot waar strek die regte en verantwoordelikhede van ‘n diere-eienaar?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: