07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Gesondheid

Met Marí Hudson

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Donderdag 2 Desember 2021

ONDER DIE APPELLIEFIEBOS deur Marlise Joubert

‘n Sensitiewe tiener beplan ‘n begrafnis vir haar geliefde kat op hulle plaas. Haar broer bou die kissie, en haar beste vriendin staan haar by. Ma Hanna bekommer haar oor haar dogter – sy kom depressief voor, die kommunikasie tussen hulle het verswak en die kind se skoolwerk gaan agteruit. Sy probeer vergeefs uitvind wat dit is wat haar dogter so kwel. Die spelers is Elanza Swart, Wilhelm van der Walt, Erica Wessels, Kayla van der Merwe, Eugenie Wiggins, Chloe van Rooyen en Cole Wessels.

Donderdag 25 November 2021

KRONKELPAD deur Ronel Mostert

Lize Rademeyer, ‘n beelskone meisie met ‘n gebroke hart, bevind haar op ‘n gevaarlike plaasgrondpad sonder petrol en oënskynlik ‘onder die invloed’ wanneer Hugo Naudé, die dodelik aantreklike eienaar van die plaas, op haar afkom. Hy is woedend wanneer hy verneem dat sy in diens geneem is as in-huis fisioterapeut deur sy eiewys sussie, Mijke, wat die gebruik van haar bene verloor het weens ‘n motorongeluk op dié einste verraderlike pad. Die spelers is Amalia Uys in haar radiodramadebuut, Jacques Bessinger, Roeline Daneel, Zenobia Kloppers, André Samuels, Ira Blankenberg en Petrus du Preez. Cassie Lowers is verantwoordelik vir die tegniese versorging.

Donderdag 18 November 2021

DONKERHOEK deur Nicola Hanekom

Op die plaas Donkerhoek in Kannaland speel ‘n sombere verhaal af tydens ‘n verwoestende en verterende brand, aangehits deur ‘n wraaksugtige piromaan. Sy skielike verskyning na jare se afwesigheid, krap ou wonde oop. ‘n Raaiselagtige kinderdood, seksuele afdreiging, verwerping en disfunksionele gevolge lei tot ‘n rillerverhaal wat jou vasgenael voor die radio sal hou. Die spelers s June van Merch, Zenobia Kloppers, Charlton George, Frieda van den Heever, Anrich Herbst, André Samuels en Pieter van Zyl. Waarskuwing: Nie vir sensitiewe luisteraars aanbeveel nie, weens taalgebruik en volwasse temas.

Donderdag 11 November 2021

WILDE ALS deur Wessel Pretorius

Hilde Kraus, ‘n legendariese skrywer in haar sestigs, sonder haarself in ‘n plaashuisie in die Karoo af om haar finale, outobiografiese roman te skryf, jare na haar laaste poging. Sy wroeg deur die kronkelpaaie van haar geheue om sin te maak van die goeie en die slegte, sodat sy dit uiteindelik in haar boek kan verwoord. Om haar te help om feite van fiksie te skei, “ontbied” Hilde haar eertydse minnaar en muse, Paul Naudé, vir die laaste keer. Só word sy gekonfronteer met pynlike sleutelgebeure in haar verlede. Die rolle word vertolk deur die akteurs wat in die verhoogproduksie te sien was. Jana Cilliers is Hilde Krauss, en Dawid Minnaar speel die rol van Paul Naudé.

Donderdag 4 November 2021

HEMELBLOU deur Isabel Martinson

Amanda Nel en Karoli Vermeulen ontmoet mekaar op 'n parkbankie op 'n wolklose dag. Amanda is op dié spesifieke dag al vir twee jaar 'n weduwee. Sy het nog nie haar verlies verwerk of daarmee leer saamleef nie. Nie net die verlies van haar eggenoot nie, maar ook in 'n sekere sin dié van haar jeug... want is weduwees dan nie veronderstel om oud te wees nie? Karoli, daarenteen, is die verpersoonliking van jeugdige, byna naïewe lewensenergie. Sy stel opreg belang in Amanda en haar "donkerte", soos Karoli dit noem, en so begin 'n baie onwaarskynlike vriendskap tussen 'n terughoudende ouditeur en 'n borrelende aktrise. Hemelblou is 'n verhaal oor lewe ná die dood, liefde vir een mens wat geleidelik deur Liefde se alchemie omvorm word in liefde vir alles en almal. Die akteurs is Mariechen Vosloo, Elanza Swart, Albert Pretorius en Dean Balie. Regie: Frieda van den Heever.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: