23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Donderdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Donderdag 10 Junie 2021

AS IS VERBRANDE HOUT deur Janine van der Linde

Hester se man se laaste versoek was dat sy as gestrooi moet word op sy geliefde plaas in die Noord-Kaap, waar hulle lank terug gewoon het. Die droogte het hulle gedwing om die plaas te verlaat, met hartseer gevolge. Hester word op die rit vergesel deur haar dogter, kleinseun en ‘n wyse Nama-vrou wat vroeër op die plaas gewerk het. Dit word ‘n reis vol verrassings. Die spelers is Susanne Beyers, Frieda van de Heever, Johann Nel, June van Merch en Wilhelm van der Walt.

Donderdag 3 Junie 2021

DAAR’S IETS OMTRENT DAISY deur William Oosthuizen

Die inwoners van Aftreeoord Vredendal is terug, en hierdie keer met meer opwinding. Let wel… dis ‘n aftreeoord en níé ‘n ouetehuis nie, want daarvoor is hierdie klomp gans te jonk. Wel, dalk nie almal nie… In Doller as kop-af het Freek gedink dat ‘n opblaaspop net die ding is om dinge bietjie op te kikker. Hierdie keer sorg hy vir baie meer opwinding… ‘n kaalfoto… vir ‘n kalender… om geld in te samel. En asof dit nie genoeg is nie, kom krap Daisy ook dinge vir vriend Hardus om… Die spelers is Bettie Kemp, Louis van Niekerk, Ria Smith, Lochner de Kock, Rika Sennett, Rina Nienaber, Elzabé Zietsman en Tobie Cronjé.

Donderdag 27 Mei 2021

SPOOKTREIN deur Albert Short

Een maal per jaar hou hy stil met dik rookwolke wat stoom... die spooktrein. Twee dolverliefde spookjagters besluit om die trein daardie aand op ’n syspoor op Bronkhortspruit in te wag... want hy kom net op daardie spesifieke aand. Dan hou die trein stil... die deur gaan oop... Wat hierna gebeur kon die twee verliefdes nie in hul wildste drome verwag nie... Cindy Swanepoel, Louis van Niekerk, Sulette Thompson en Casper Lourens kuier tussen die spoke.

Donderdag 20 Mei 2021

DIE BEGRAFNIS deur Rudie van Rensburg

‘n Langdradige lykbesorger, ‘n Pretoriase paaldanseres en ‘n skottel sousboontjiebredie is maar ‘n paar van die dinge wat ‘n weduwee beproef met die ter aardebestelling van haar ontslape eggenoot... In die rolverdeling is Antoinette Kellerman, Zenobia Kloppers, Margit Meyer-Rodenbeck, Roeline Daneel, Petrus du Preez en Gerard Rudolf.

Donderdag 13 Mei 2021

DIE LAASTE WOORD deur Lee Doubell

Die drama speel oor drie tydperke af. Kom verlustig jou in ‘n eeu se omswerwinge van Eugene Marais se geliefde en alombekende gedig, Winternag. Eers die oordadige vertolking in 1938, dan die realistiese, naturalistiese 2021, en uiteindelik die gefabriseerde rekenaarstemme in 2138. Drie akteurs, Rolanda Marais, Jacques Bessenger en Deon Lotz vertolk die rolle van 10 akteurs in drie tydvakke. Nie net word vaardighede uit die boonste rakke ten toongestel nie, maar word die spelers direk gekonfronteer oor hulle loopbane vandag. Is die menslike vlees besig om ook op kreatiewe wyse “oorgevat” te word deur IT, robotika en algoritmes wat algoritmes kan lees, verander en selfs oorskryf om emosies te simuleer? Een van die akteurs hou die sleutel tot ‘n moontlike uitkoms in die wedloop tussen Masjien en Vlees. Kom ervaar drie ateljees se klanke en werksaamhede in drie tydsgewrigte.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: