23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Vrydag 2 April 2021

DIE KLEED deur Joey van Niekerk

Die drama handel oor ‘n gesin se ervarings voor en gedurende die Joodse Pasga, en hulle persoonlike geloofstryd en -insig. In die sterbelaaide rolverdeling kan die stemme gehoor word van Anton Dekker, Ria Smit, Lochner de Kock, Paul Lückhoff, Johny Klein, Elma Potgieter en Pietie Beyers.

Donderdag 1 April 2021

PAP EN KAVIAAR deur Isabel Martinson

Die drama is die wenner van die merieteprys in RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie van 2020. Die Bennets, Koba en Loek, gaan ontmoet hulle aanstaande skoonmense in die stad, Leana en Marius Fitzwilliam. Stella, hulle dogter, is van plan om met Gerber Fitzwilliam te trou. Tydens die besoek spat die vonke, want Leana en Marius is nie een wat hulle voorgee om te wees nie. Die moedswillige Loek Bennet kom te staan voor die grootste selfverwyt van sy lewe… Die spelers is Elma Potgieter, Karen Wessels, Anton Schmidt, David Louw, Heidi Mollentze en Anton Dekker.

Donderdag 31 Desember 2020

DOLLER AS KOPAF deur William Oosthuizen

Freek is verveeld in die tehuis waar hy woon, en besluit om vir hom ‘n “speelding” te bestel, al twyfel sy vriende Dawid en Hardus oor dié waagstuk. Dit maak veral vir die kuise Mara die josie in en sy en die ander vroue probeer hulle bes om die stukkie tegnologie te saboteer. Terwyl hulle reken Freek is besig om kêns te word, beraam hy ‘n plan wat Mara heeltemal onkant betrap. ‘n Vrolike, vermaaklike drama propvol kinkels. Die sterbelaaide rolverdeling in hierdie argiefdrama bestaan uit Louis van Niekerk, Tobie Cronjé, Paul Lückhoff, Rina Nienaber, Ria Smit, wyle Elize Cawood, Rika Sennett en Heidi Mollentze.

Vrydag 25 Desember 2020

PENNIEGRYPER deur Charles Dickens

Penniegryper is Aart de Villiers en Don Lamprecht se Afrikaanse verwerking en vertaling van Dickens se A Christmas Carol. Dit is Oukersaand en Ebenezer is ‘n suinige prokureur en knorpot wat geen sin in die feesvieringe rondom Kersfees sien nie. Hy wil skaars vir Karel Kroukamp, sy klerk, toestemming gee om tyd saam met sy gesin deur te bring. Maar dan ontvang hy ‘n paar besoekers in sy slaap wat hom laat besef wat die invloed van sy knorrigheid op ander is. Die spelers is onder andere André Rossouw, Ivan Abrahams, Christo Gerlach, Theresa Cloete, Randall de Jager en André Samuels. Die drama is in 1992 opgevoer.

Donderdag 24 Desember 2020

BRING VIR CARLI deur Janie Lighthelm

Tehan Kriel is ‘n geniale student wat oor die tou trap in sy eerste jaar op kampus. Tien jaar later lyk die lewe heeltemal anders vir hom. Hy is 'n doktor. Hy en sy vrou het drie kinders. Om die uitdagings van die lewe te hanteer, neem hy sy ontvlugting in die luister na musiek, maar sal dit genoeg wees om hom staande te hou? Die spelers is Melt Sieberhagen as dr. Sebastehan (Tehan) Kriel, Rolanda Marais as sy vrou Loura, asook Susanne Beyers, Deon Lotz en Karli Heine.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: