23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Donderdag 21 Junie 2012

DIE HART VAN DIE SON deur Karel Schoeman

Will Shakespeare sou nie roem verwerf as seevaarder, soos hy dikwels gedroom het nie. Jare van bittere teleurstelling berei hom voor vir die taak, om ‘die hart van die son’ te aanskou en om wat hy in sy grootste tragedies gesien het, aan sy medemens oor te dra. Ons leer hom nie ken as ’n figuur uit ’n geskiedenisboek nie, maar as werklike mens.

Donderdag 24 Mei 2012

LA MUSICA deur Marguerite Duras

Deon Lotz en Deidré Wolhuther vertolk die rolle van 'n geskeide paar wat mekaar in die hotel raakloop waar hulle jare gelede, net ná hulle huwelik tydelik gewoon het. In hierdie drama werk Duras weer eens met die tema van onvervulde liefde en Lotz en Wolhuther sorg vir besonder deurleefde vertolkings.

Donderdag 10 Mei 2012

DIE HEKS deur C. Louis Leipoldt

Die drama speel af in 1425 in die denkbeeldige Ahrweiler-kasteel in Wes-Duitsland teen die agtergrond van die wrede hekse vervolging van die 14e tot 18e eeu in Europa. In hierdie tyd is talle mense – hoofsaaklik vroue – tereggestel op die brandstapel weens sogenaamde heksery.

Donderdag 19 April 2012

EEN SOMERSDAG deur Bettie Kemp

Wat word van bekende TV-persoonlikhede wat nie meer op die skerm verskyn nie? Hoe pas hulle aan by die gewone lewe sonder die kollig? Of moet die vraag liewer wees: hoe pas die publiek daarby aan? Want dit blyk dat die glanslewe nie net die sterre nie, maar ook gehore konfronteer met die genadelose gang van die tyd. Dis geskryf deur iemand wat die TV-bedryf van binne ken en is opgedra aan die Britse TV-persoonlikheid, Jill Dando, wat die hoogste prys vir roem op die klein kassie betaal het. Die gegewe is eie aan Suid-Afrika en bekend aan plaaslike gehore. Die gebeure en reaksies van mense blyk universeel te wees.

Donderdag 29 Desember 2011

DONKER ONDER DIE SUIDERKRUIS deur P J Haasbroek

Die drama ontvou teen die agtergrond van die Mosambiekse eiland Inhaca. Die hoofkarakter is die see – aanloklik, maar onvoorspelbaar en gevaarliker as wat jy vermoed. Nes die verloop en uitkoms van die drama, wanneer die ontspanne karakters se lewens in ‘n nagmerrie verander.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: