18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Ryk van Niekerk

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Aandboekvoorlesing

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Sondag 25 Desember 2011

DIE FEESMAAL deur Helena Hugo

Adele het haar spyskaart uitgewerk en haar gastelys opgestel. Sy beplan die feesmaal van die jaar, want om die hele Kersseisoen net Anton se tande te tel, is glad nie vir haar ’n goeie vooruitsig nie. Maar toe verskyn Marie op die toneel en dit lyk of alles wil skeefloop.

Donderdag 1 Desember 2011

IDEAAL deur Kotie Swart

'n Postmodernistiese siening van Suid-Afrika oor die Chinese se jag op die blink klippies van Afrika. Dis 'n boeiende verhaal vertel van ‘n nuwe vorm van imperialisme met ‘n kinkel in die kabel.

Donderdag 24 November 2011

21 MEI 2011 deur Jan J. F. Viljoen

Marius is ‘n ouditeur wat vir post-traumatiese stres behandel word. ‘n Ruimtewese verskyn aan hom en sê hy moet ‘n lewensbelangrike boodskap aan die mensdom oordra. Die probleem is natuurlik niemand sal hom glo nie. Of is daar dalk tog iemand wat hy kan oortuig.

Donderdag 17 November 2011

DIE VLOEDSTORIE deur Lancea Crafford

Talle Suid-Afrikaners onthou nog die skokkende gebeure van 25 Januarie 1981 toe vloedwater die Karoodorp, Laingsburg, in puin gelê het. Die verhaal van lewensverlies en ontbering word vanuit die herinneringswêreld van een spesifieke gesin in die drama herbeleef.

Donderdag 10 November 2011

GRENSGEVAL deur Rita Swanepoel

Wanneer Janet en Arno gaan kamp, word hy oorweldig deur herinneringe aan sy tyd op die grens tydens sy dienspligjare. Tot Janet se ontsteltenis ontaard die kamp in ‘n nagmerrie.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: