12:00 - 13:00

Nic se goed

Met Nic de Jager

Nou op die lug: 13:00 - 14:00

Spesiale uitsending

Met Terrance April

Terrance April

Volgende: 14:00 - 15:00

Radioteater

15:00 - 16:00

RSG Konsertbederf

Met Willem Pelser

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Donderdag 17 Desember 2020

HALLELUJA AMEN deur Ilne Fourie

Dit is ‘n baie belangrike dag vir Broer Gawerjal Grootwoord. Die nuwe dominee op die dorp, ds. Hendrik Hermanus Haasbroek, word vandag verwelkom, en Broer Gawerjal het besluit om dit op ‘n gepaste wyse in te wy met lofgesang en hallelujas. Die kerkkoor het ‘n noodvergadering waar daar besluit gaan word wat hulle moet sing om die nuwe dominee te laat tuis voel. Daar is egter een probleem – die kerkkoor kan glad nie sing nie… Boonop is daar slegs drie lede, en sedert hulle ontstaan het geen nuwe lede kom aanmeld nie. Tussendeur ‘n toondoof-dowe orreliste, ’n alkoholiese alt, ‘n suurpruim sopraan en ‘n Skouspel-sokkie-boob-bokkie moet arme Broer Gawerjal bontstaan om die spul te beheer en te laat harmoniseer. Die rolverdeling is Broer Gawerjal Grootwoord - Ivan Abrahams, Koster Karel - Royston Stoffels, Hannah Hooglied - Celeste Matthews Wannenburgh, Bettie Bas - Annelize van der Ryst, Poppie Prinsloo - Esther von Waltsleben en Tannie Annie - Zenobia Kloppers.

Donderdag 10 Desember 2020

DIE MASJIENTJIE deur Joe Kleinhans

Beatrice Nortje is ‘n  werklose boekhouer en enkelouer van ‘n twintigjarige verstandelik gestremde seun, Damien. Haar posisie raak al hoe meer benard as dit duidelik word dat Damien ernstig siek is. Waar sal uitkoms vandaan kom? Van Pastoor Glen Jansen, kerkleier op Lasarusfontein? Of van oorlede Scott McFadden se raaiselagtige masjientjie? "Geloof en werke... wat beteken die een sonder die ander" is die vraag wat sy gedwing word om haarself te vra. Gerwen Weinheimer maak haar buiging voor die mikrofoon in die rol van Beatrice. So ook Jolene Martin as die empatieke Tammy Willemse. André Samuels gee stem aan nutsman Jimmy Truter. Glen Jansen, die pastoor met ‘n paar geraamtes in sy kas, word vertolk deur Chris van Niekerk, terwyl Robin Smith Beatrice se oorlede minnaar, Scott McFadden, speel. Zenobia Kloppers en Cantona James is Ma Frances en die verstandelik gestremde Damien Nortjé.

Donderdag 3 Desember 2020

DIE KAPTEIN EN SY VROU en DIE SPOOK VAN TANT LETJIE deur I.D. du Plessis

Wanneer laas het jy ‘n goëlstorie gehoor? Die eerste mimidrama is ‘n Russiese periodestuk wat in 1852 in ‘n dorpie buite Moskou afspeel.  Die Kaptein en sy vrou beeld ‘n plattelandse bestaan uit waar goëlery gebruik word om ‘n gesin uit hulle huis te verdryf. Eers word militêre mag gebruik om dit te bestry, en dan word wywater aangewend wanneer die Roomse Priester, Vader Victor, die vertrekke wil reinig. Die tweede minidrama verskuif die toneel na die Oos-Kaapse platteland in 1920. Die Spook van tant Letjie is ‘n perd van ‘n ander kleur. ‘n Jong onderwyser by ‘n plattelandse skool kry huisvesting op ‘n plaas in ‘n huis vol vreemde geluide. Magshebsug en beheer oor ander kom hier ter sprake. Skakel die ligte af en luister in die donker – jy sal nie spyt wees nie, net bang!

Donderdag 26 November 2020

BOETIE ONTMOET ‘N ALIEN deur Johann Smith

Stel jou voor: ‘n Doodgewone Suid-Afrikaanse plaas. Een van die gesinslede het pas teruggekeer uit die buiteland, en is redelik rebels. Die skoolseun in die gesin worstel met allerlei probleme wat nie eers die internet kan oplos nie. En dan is die ouers erg bekommerd oor hulle kinders se geestelike en emosionele welstand. Op ‘n dag is daar ‘n klop aan die deur. Daar staan ‘n vreemde, bleek man, en hy praat ‘n rare taal in ‘n vreemde elektroniese stem sonder dat sy mond beweeg! Het hy oplossings vir sekere aardse probleme? Hoe gaan hy dit aan die gesin oordra? Het hy goeie bedoelings, of is hy van iewers anders met verskuilde motiewe? Pietie Beyers is die alien, Luan Jacobs die seun met die emosionele probleme, Izél Bezuidenhout die meisie met die humeur, Christine Voorendyk die bekommerde ma en Anton Schmidt die verwarde pa. Hierdie radiodrama was ’n finalis in RSG en Sanlam se radiodramaskryfkompetisie van 2019.

Donderdag 19 November 2020

LIEFDE IS ‘N ROOS deur Tennessee Williams

Serafina Delle Rose is ‘n Italiaanse Amerikaner en ‘n passievolle, wispelturige, middeljarige vrou wat hard probeer om haar dogter volgens die Katolieke geloof groot te maak. Hulle woon in Mississippi, maar ná die afsterwe van haar man, besluit sy om haarself af te sonder. Sy verwag Dat haar dogter ook die luike dig moet sluit en nie enige verhoudings moet aanknoop nie. Maar dan ontlok ‘n man met ‘n tatoeëermerk ‘n rits herinneringe. Anna-Mart vertolk die rol van Serafina, met Frieda van den Heever as haar dogter in hierdie argiefdrama. Die ander spelers in die sterbelaaide rolverdeling sluit in Stian Bam, Marlo Minnaar, Brendon Daniels. Joanie Combrink, Deirdre Wolhuter, Ivan Abrahams, Martelize Kolver, Hannah Borthwick, Lulu Botha en Tinarie van Wyk Loots.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: