14:00 - 15:00

Radioteater

Nou op die lug: 15:00 - 16:00

RSG Konsertbederf

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 16:00 - 17:00

Spesiale uitsending

Met Flip Loots

17:00 - 18:00

Dis gospel

Met Jacqui January

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Rand en sent

Sondag 26 September 2021

Rand en sent 26 September 2021

Edward Phillips van Edusence vertel hoe subtiel bemarking gebruik word om verbruikers te oortuig om duur items te koop wat hulle nie nodig het nie. Hy verduidelik hoe belangrik dit is dat jy ‘n plan moet het vir jou finansies, en binne jou perke moet lewe. Leonie O’Connel van Momentum Wellness Practice gesels oor geldbestuur en beleggings, en hoe jy dit moet aanpak. Sy moedig vroue aan om meer verantwoordelikheid te neem van hulle finansies.

Sondag 19 September 2021

Rand en sent 19 September 2021

Maureen Plaatjies van Hangberg in Houtbaai vertel van hulle projek waar plastieksakke en ou T-hemde gebruik word om kleurvolle handsakke te hekel. Danie Bezuidenhout van Bizstarters kyk na die grootste foute wat entrepreneurs maak, en gee raad oor hoe om dit reg te stel. Madelein Hendricks gesels oor The Vent, ‘n aanlynplatform wat sy en drie vriendinne geskep het, waar vroue hulle harte kan uitstort, ervarings kan deel en raad kan gee.

Sondag 12 September 2021

Rand en sent 12 September 2021

Danie Bezuidenhout van Bizstarters vertel wat jy nodig het om jou eie besigheid te begin, en moedig entrepreneurs aan om die regte advies in te win. Pieter Senekal van Senfin Business Services praat oor die gevaarligte waarop jy moet let wanneer jy op soek is na ‘n boekhouer. Hy gee ook wenke vir wanneer jy jou eie boekhoubesigheid wil begin.

Sondag 5 September 2021

Rand en sent 5 September 2021

Ebeth van Heerden, die hoof van kleinhandelbesigheid by Schroders, praat oor die navorsing wat haar maatskappy gedoen om uit te vind hoe Covid-19 en ander faktore die besluite van beleggers beïnvloed het. Leonie O'Connel van Momentum Financial Wellness Practice vertel van ‘n opname wat gedoen is met Suid Afrikaanse vroue om uit te vind hoe die pandemie hulle geraak het.

Sondag 29 Augustus 2021

Rand en sent 29 Augustus 2021

Edward Phillips van Edusence vertel hoe wiskunde jou kan help om finansiële konsepte te verstaan, en hoekom dit so belangrik is om basiese wiskundige begrippe baas te raak as jy beter finansiële besluite wil neem. Willem Gous van The Human Entrepeneur praat oor hoe ons entrepreneurs kan ondersteun sodat hulle volhoubare en winsgewende besighede kan bou, en sodoende werksgeleenthede kan skep.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: