15:00 - 15:05
Nuus
Volgende: 17:45 - 18:00
Brandpunt
18:00 - 18:10
Nuus & Weer
Soek nog potgooi
Regsake
Maandag 6 Desember 2021
Regsake 6 Desember 2021
Igna Klynsmith en sy kollega Elmari Richter praat oor verskeie aspekte van die familiereg. Dit sluit in oupas en oumas se regte ten aansien van kleinkinders; faktore by aanneming; in watter omstandighede kan die welsyn ingryp; en die verskillende vorme van huweliksgoederebedeling.
Maandag 29 November 2021
Regsake 29 November 2021
Igna Klynsmith en kollega Elmari Richter bespreek verskeie aspekte van familiereg. Dit sluit in die egskeidingsproses; hoe word onderhoud bepaal; hoe lank geld die onderhoudsplig; en ouerlike beheer en toesig.
Maandag 22 November 2021
Regsake 22 November 2021
Igna Klynsmith en sy kollega Volker Kruger bespreek ‘n wye verskeidenheid regsvrae. Dit sluit in die afdwingbaarheid van handelsbepalings in dienskontrakte en by die verkoop van aandele; serwituutregte en die reg van weg; die verjaring van munisipaledienstegelde en -belastings; die bevoegdhede van trustees; en die status van beslote korporasies.
Maandag 15 November 2021
Regsake 15 November 2021
Igna Klynsmith en kollega Volker Kruger bespreek weer ‘n wye verskeidenheid regskwessies. Dit sluit onder meer in: uitstaande water- en elektrisiteitsrekeninge by die verkoop van landbougrond, en uitstaande heffings by die verkoop van deeltiteleiendom; testamentêre bemakings en begunstigdes van lewenspolisse, en die wysiging van begunstigdes van ‘n familietrust; en die vraag of werkgewers werknemers kan dwing om die Covid-19-inenting te kry.
Maandag 8 November 2021
Regsake 8 November 2021
Igna Klynsmith en sy kollega Volker Kruger bespreek onder meer aspekte van die huweliksgoederewet wat verband hou met skuld en kontrakte; die voetstootsklousule; wat toestemming tot benadeling beteken; en wanneer jy mag skiet as jy iemand in jou huis betrap.
Top Stories
POTGOOI (aanddiens)
INTERAKTIEF
- SMS 45889 (R1,50 per SMS)
-
WhatsApp 076-536-6961
(slegs stemboodskappe) - Teken in op nuusbrief