11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

Nou op die lug: 12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Suzanne Paxton

Volgende: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Regsake

Maandag 25 Mei 2020

Regsake 25 Mei 2020

Igna Klynsmith nooi jou om regter te speel. Wat sal jou uitspraak wees op verskeie moeilike vrae oor die coronavirus? Hy bespreek ook wat aan 'n werknemer verduidelik moet word voordat sy dissiplinêre verhoor kan begin; wie werkloosheidsversekering mag eis, en wanneer 'n werkgewer aanspreeklik is vir wandade wat sy werknemer pleeg - selfs al is hy nie aan diens nie.

Maandag 18 Mei 2020

Regsake 18 Mei 2020

Wat is die beste roete vir 'n pa van drie kinders wat R250 000 aan een behoeftige kind wil gee, maar ook die ander twee gelyk wil behandel? Wat moet jou testament insluit as jy nie wil hê 'n insolvente erfgenaam moet sy erfporsie verloor nie? Wanneer kan jy 'n interdik teen gesinsgeweld kry? Mag verhuringsagente kommissie op 'n deposito soek? Wat is die verskil tussen 'n eiendomsagent en iemand wat namens jou help om 'n koper te soek? En watter dokumentasie het jy nodig as jy in die grendeltyd wil trek?

Maandag 11 Mei 2020

Regsake 11 Mei 2020

Wat is betaalbaar as 'n huurder in 'n ouetehuis sterf sonder om 'n maand kennis te gee? Watter plan kan 'n boer maak as hy 'n deel van 'n plaas gekoop het, maar daar is net een transportakte? Kan die bestuur van 'n deeltitelskema jou verhoed om jou eenheid op Airbnb te vehuur? As 'n getroude paartjie skei, maar later weer as lewensmaats saamwoon en die man kom te sterwe, het die vrou 'n reg op sy pensioen? Wat beteken "gemeenskaplike doel" in die strafreg?

Maandag 4 Mei 2020

Regsake 4 Mei 2020

Die regsvrae wat Igna Klynsmith met Ian Wessels bespreek, sluit in: Mag 'n bank wat as eksekuteur aangestel is, weier om 'n boedel te beredder as dit te klein is, of skuld wat reeds verjaar het van die boedel verhaal? Wat is die beste manier om geld aan minderjarige kinders te bemaak, en die vereistes vir 'n opsie om 'n gedeelte van 'n plaas te koop?

Maandag 27 April 2020

Regsake 27 April 2020

Hugo Pienaar sluit weer aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om verder te gesels oor die arbeidsreg. Hy verduidelik werknemers se regte ten opsigte van afdankings, wangedrag, dissiplinêre verhore en konstruktiewe ontslag.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: