21:50 - 22:10

Kortom

Met Johan Rademan

Nou op die lug: 22:10 - 23:00

Geestesgesondheid

Met Johan van Lill

Johan van Lill

Volgende: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

23:10 - 23:59

Tjil

Met Sue Pyler-Slabbert

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Regsake

Maandag 20 April 2020

Regsake 20 April 2020

Arbeidsregspesialis Hugo Pienaar praatcoor die uitdaging van werkloosheid, die rol van vakbonde, stakings en skade wat gereeld daartydens aangerig word, en die bevriesing van salarisse in moeilike ekonomiese tye.

Sondag 12 April 2020

Regsake 13 April 2020

Regter Neels Claassen, skrywer van die artikel oor die regsaspekte van Jesus se verhoor wat Regsake voorheen aangebied het, kuier in die ateljee. Hy gesels oor sy lewe as 'n regter, en gee 'n mening oor die volgende kwessies: Kan 'n regter werklik objektief wees, of oordeel hy ook maar uit sy eie perpektief soos ons almal? Is Afrikaans steeds lewensvatbaar as amptelike hoftaal? Hoe effektief is die doodstraf as afskrikmiddel teen ernstige misdade?

Maandag 6 April 2020

Regsake 6 April 2020

Igna Klynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Hofaansoeke van 'n lesbiese paartjie wat albei as moeders erken wil word, en 'n kind wat 'n pa se "belofte" op WhatsApp om sy Lotto wengeld te deel, wil afdwing. Die regte van 'n outistiese kind om 'n gidshond aan te hou. Mag 'n pa sy ander kinders se skoolgelde ook betaal uit die trustfonds van sy parapleegdogter? Is dit raadsaam om aparte testamente op te stel vir elke land waarin jy bates het?

Maandag 30 Maart 2020

Regsake 30 Maart 2020

Rina Gunter kuier saam met Ian Wessels en Igna Klynsmith. Sy spesialiseer in immateriële goederereg. Dit sluit onder andere in die beskerming van patente en die skeppings van skrywers, asook modelle en handelsmerke. Wat is die vereistes vir registrasie van 'n patent? Rina gesels ook oor wie aanspraak kan maak op 'n nuwe uitvindsel wat jy by jou werk gedoen het.

Maandag 23 Maart 2020

Regsake 23 Maart 2020

Hugo Pienaar, 'n arbeidsregspesialis, sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith vir 'n regstreekse uitsending van Regsake.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: