Volgende: 21:00 - 21:10
Nuus & Weer
21:10 - 21:20
Laataandboekvoorlesing
Soek nog potgooi
Regsake
Maandag 6 Januarie 2020
Regsake 6 Januarie 2020
Wanneer haar man onverwags te sterwe kom, word die weduwee dikwels uitgebuit in die emosionele tydperk van rou wat daarop volg. Igna Klynsmith gee praktiese wenke waarvoor om op die uitkyk te wees. Hy verduidelik ook wat die verweer van ontoerekeningsvatbaarheid beteken, en bespreek 'n paar regsaspekte ten opsigte van die afdanking van huiswerkers.
Maandag 30 Desember 2019
Regsake
Ouer mense skei soms om met 'n veel jonger bokkie te trou - dikwels in gemeenskap van goeder - maar meestal staan hulle gou weer in die skeihof. Kry die jong bokkie noodwendig die helfte van die gemeenskaplike boedel? Igna Klynsmith bespreek ook die probleemareas ten opsigte van kwotasies, en die aanspreeklikheid van kinders vir hulle bejaarde ouers se mediese koste.
Maandag 23 Desember 2019
Regsake
Is daar 'n wedersydse onderhoudsplig tussen 'n paartjie wat saamwoon? Wat mag jy aftrek van jou huiswerker se vergoeding? Wat is nodig om laster te bewys, en wat is die verwere daarteen? Daar bestaan geen formaliteite om Krugerrande te koop nie. Kan 'n mens dus die waarde van jou boedel verklein en boedelbelasting spaar deur Krugerrande te koop?
Sondag 15 Desember 2019
Regsake
Kan ouers wat op grond van hulle geloof lyfstraf op hul kinders by die huis toepas, vervolg word? Wat gebeur as iemand wat onderhoud betaal, sterf en 'n trust erf sy hele boedel? Watter opsies het 'n ongetroude swanger vrou ten opsigte van die koste van haar swangerskap as die pa weier om iets by te dra totdat vaderskaptoetse gedoen is?
Maandag 9 Desember 2019
Regsake
As jy geld van 'n ryloper aanvaar, kom dit nie daarop neer dat jy 'n ongelisensieerde taxi teen vergoeding bedryf nie? Wie erf as iemand wat in gemeenskap van goed getroud is, sonder 'n testament sterf? Is vakbondleiers aanspreeklik vir skade wat hulle lede tydens betogings aanrig? En het jy geweet die bose Ma Baker het regtig geleef?
Top Stories
POTGOOI (aanddiens)
INTERAKTIEF
- SMS 45889 (R1,50 per SMS)
-
WhatsApp 076-536-6961
(slegs stemboodskappe) - Teken in op nuusbrief