19:20 - 19:30

Skuif nader

Met Christelle Webb-Joubert

Nou op die lug: 19:30 - 20:00

Kompas

Met Mart-Leen Oosthuizen

Mart-Leen Oosthuizen

Volgende: 20:00 - 20:30

RSG Dokumentêr

Met Jody Hendricks

20:30 - 21:00

Anders in Afrikaans

Met Ettienne Ludick

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Regsake

Maandag 22 September 2014

Regsake 22 September 2014

As deel van Erfenismaand kyk Igna Klynsmith na die geskiedenis van Suid-Afrika se regstelsel en wat ons van ander regstelsels geërf het. Tot watter mate het die tradisonele reg ons regserfenis beïnvloed?

Maandag 15 September 2014

Regsake 15 September 2014

Igna Klynsmith gee inligting oor testamenteweek van 15 tot 20 September. Hy bespreek ook die vertroulikheid van karakterverwysings deur werkgewers en die prosedure om trustees wat nie wil bedank nie, te vervang. Hy verduidelik ook hoe die publiek se geld in 'n prokureur se trustrekening beskerm word, en wys op die risiko om die verkoper van vaste eiendom voor registrasie te betaal.

Maandag 8 September 2014

Regsake 8 September 2014

Rina Gunther, 'n prokureur wat spesialiseer in patentreg en outeursreg, beantwoord luisetraarsvrae.

Maandag 1 September 2014

Regsake 1 September 2014

Wat kan 'n vrou doen as haar voormalige man, wat beheer en toesig oor die kinders het, hom erg wangedra? Kan 'n man wat onderhoud vir sy kinders betaal daarop aandring dat hulle ma kwitansies voorlê as bewys waarop sy die onderhoudsgeld spandeer? Wat is die regsgevolge as die huurder of verhuurder van 'n woonstel gesekwestreer word?

Maandag 25 Augustus 2014

Regsake 25 Augustus 2014

Igna Klynsmith verduidelik hoekom daar geen lastereise voortspruit uit al die beledigings wat parlementariërs mekaar toesnou nie. Na aanleiding van die Tansnet pensionarisse wat toestemming gekry het om 'n klasaksie teen die pensioenfonds in te stel, verduidelik hy die vereistes waaraan sulke aksies moet voldoen.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: