07:00 - 08:00

Binnekamer

Met Lizelle de Bruin

Nou op die lug: 08:00 - 09:00

Loof die Here

Met Magdaleen Krüger

Magdaleen Krüger

Volgende: 09:00 - 09:40

Oggenddiens

09:40 - 10:00

Musiek op RSG

Met Eloise Cupido

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Regsake

Maandag 19 Julie 2021

Regsake 19 Julie 2021

Wat is die regsremedies vir boeliery of afknouery by skole? Igna Klynsmith praat ook oor die gebruik van klankopnames in siviele en kriminele aangeleenthede, en kopiereg in die musiekbedryf.

Maandag 12 Julie 2021

Regsake 12 Julie 2021

Igna Klynsmith praat onder meer oor nuwe bepalings in wetgewing oor beroepsveiligheid en -gesondheid wat verband hou met Covid-19-inentings. Hy bespreek ‘n saak oor die nakoming van Covid-19-veiligheidsmaatreëls in die werkplek. Hy praat ook oor aanspreeklikheid vir munisipale rekenings, en bespreek ‘n hofsaak oor eiendomsreg en godsdiensvryheid.

Maandag 5 Julie 2021

Regsake 5 Julie 2021

Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n uitspraak oor die nakoming van die sorgsaamheidsplig wat betref rondlopervee; hoe en waar om oor advertensies te kla, en reageer op die Konstitusionele Hof se Zuma-uitspraak.

Maandag 28 Junie 2021

Regsake 28 Junie 2021

Igna Klynsmith bespreek twee sake wat handel oor bydraende nalatigheid.  Hy bespreek ook die verskil tussen ‘n piramidestelsel en ‘n stokvel; en of ‘n mens ‘n onderneming kan bedryf in ‘n deeltitelkompleks.

Maandag 21 Junie 2021

Regsake 21 Junie 2021

Igna Klynsmith bespreek twee sake wat met die Arbeidsreg verband hou: die billikheid al dan nie van veranderings aan dienskontrakte; en wie toegang het tot die KVBA en in watter omstandighede.  Daarna bespreek hy die wettigheid van jag in ‘n gebied wat as woongebied verklaar is, en gee raad oor wat iemand te doen staan indien sy reg op privaatheid geskend is. 

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: