06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Renske Jacobs
Gustav Greyling

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Groeipyne

Met Anthea Fredericks

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Regsake

Maandag 14 Junie 2021

Regsake 14 Junie 2021

Igna Klynsmith praat onder meer oor die regstatus van saamwoonverhoudings en die noodsaaklikheid van ‘n skriftelike ooreenkoms tussen die betrokke partye; en twee hoëprofiel appèlsake, naamlik die van die voormalige SAL-voorsitter Dudu Myeni en die vorige president Jacob Zuma.

Maandag 7 Junie 2021

Regsake 7 Junie 2021

Hoe raak ooreenkomste en kontrakte wat vroeër gesluit is, die bepalings van ‘n testament? Kan ‘n testament bepaal dat die erflater se bates in ‘n maatskappy geplaas word, en die aandele dan tussen die erfgename verdeel word? Igna Klynsmith bespreek ook die appèlsaak oor Moslemhuwelike, en die bevinding dat bestaande wetgewing oor huwelike en egskeiding strydig met die Grondwet is.

Maandag 31 Mei 2021

Regsake 31 Mei 2021

Igna Klynsmith bespreek ‘n hofsaak oor die toesig en versorging van ‘n kat ná die egskeiding van die kat se “ouers”.  Hy gee ook meer inligting oor regshulp wat beskikbaar is indien ‘n mens nie ‘n prokureur kan bekostig nie. Die laaste bydrae wat aan die beurt kom, is ‘n saak waarin die eienaar van ‘n lodge aangekla word van nalatigheid wat betref die 100 jaar vloedlyn.

Maandag 24 Mei 2021

Regsake 24 Mei 2021

Igna Klynsmith bespreek ‘n hoëprofiel egskeidingsaak en die sogenaamde reël 43, en ‘n hofuitspraak oor ouers se reg om ‘n fetus te begrawe. Hy gee ook duidelikheid oor die regskrag van ooreenkomste wat elektronies gesluit word, en oor die vereistes wat geld wanneer ‘n mens geld landuit wil neem.

Maandag 17 Mei 2021

Regsake 17 Mei 2021

Igna Klynsmith bespreek onder meer reëls oor parkering in deeltitelkomplekse, die belang van die onafhanklikheid van die regbank, die hofsaak teen die toerismehulpfonds en middelike aanspreeklikheid.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: