11:00 - 11:05

Nuus

Nou op die lug: 11:05 - 11:45

Saterdagresep

Met LiMari Louw

LiMari Louw

Volgende: 11:45 - 12:00

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

12:00 - 13:00

Naweekaktueel

Met Anita Visser

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Regsake

Maandag 1 Maart 2021

Regsake 1 Maart 2021

Kan jou werkgewer jou verplig om teen Covid-19 ingeënt te word? Is jy aanspreeklik as jy inwoners van 'n aftreeoord dokter toe neem, en hulle word beseer in 'n botsing? Igna Klynsmith bespreek ook die regulering van begrafnispolisse, die berekening van kapitaalwinsbelasting, en hoe emigrasie jou Suid-Afrikaanse paspoort raak.

Maandag 22 Februarie 2021

Regsake 22 Februarie 2021

Igna Klynsmith praat oor die algemene slaggate ten opsigte van vruggebruik wat vir baie ouers baie verdriet besorg. Kan ‘n werknemer ‘n dissiplinêre verhoor vryspring deur met onmiddellike effek te bedank? Igna kyk ook na ‘n uitspraak van die Konstitusionele Hof wat die weg baan vir huiswerkers om te eis vir beserings aan diens.

Maandag 15 Februarie 2021

Regsake 15 Februarie 2021

Het die geskiedkundige Neurenbergverhore van 75 jaar gelede steeds 'n invloed op die moderne geskiedenis? Deesdae word daar in strafsake gereeld geappelleer tot in die hoogste hof, maar hoekom verskil die verskillende howe se bevindings so gereeld? Igna Klynsmith bespreek ook die regulering van alternatiewe geneesmiddels en boererate.

Maandag 8 Februarie 2021

Regsake 8 Februarie 2021

Hoe werk die aanwasbedeling en wanneer is dit van toepassing? Moet BTW by produkte se pryse ingesluit word? Waar kan jy klagtes lê teen regterlike amptenare? Mag Eskom die kragtoevoer na agterstallige munisipaliteite afsny? Kan hofstukke steeds in Afrikaans opgestel word?

Maandag 1 Februarie 2021

Regsake 1 Februarie 2021

Igna Klynsmith bespreek 'n hofsaak waarin belastingbetalers aansoek gedoen het om munisipale dienste oor te neem. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor of 'n agterstallige huurder wat haar werk as gevolg van Covid-19 verloor het, uitgesit kan word; hoe 'n mens van 'n trustbegunstigde "ontslae kan raak," en wanneer 'n motoris se bloed getrek kan word vir die toets van alkohol.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: