23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Sue Pyler-Slabbert

Sue Pyler-Slabbert

Volgende: -

-

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Reis sonder grense

Saterdag 20 November 2021

Maak jou eie versnitwyn

Johan Rademan gooi ‘n draai by Chereen Notnagel om meer uit te vind van die Emporiumversnit-geleenthede vir toeriste op Riebeekkasteel. Sy vertel van die kuns van kultivarversnydings, en met watter skaars kultivars sy al te doen gehad het. Besoekers kan hulle eie versnit maak en huis toe neem. Dis ‘n heerlike uitstappie ongeveer ‘n uur se reis van Kaapstad af.

Saterdag 20 November 2021

Riebeekvallei-amfiteater lok toeriste

Mark Graham Wilson en Donker Jonker vertel met groot entoesiasme hoe ‘n amfiteater besoekers en toeriste na die Riebeekvallei lok, maar ook hoe die gemeenskap dan betrek word en die omliggende gebied op ‘n teatrale manier voorgestel word aan binnelandse en buitelandse toeriste.

Saterdag 30 Oktober 2021

Art Town Riebeekvallei

Ann Heyns het haar onlangs in die Riebeekvallei gevestig. Sy het lank oorsee gebly, en het ná haar terugkeer ondermeer die Stellenbosch360- en Ghoemaroetes help beplan en ontwerp. Sy kon eenvoudig nie stilsit nie, en het by die toerismekantoor in Riebeek betrokke geraak en die fyn lyn tussen die toerisme, kuns en kultuur in Art Town Riebeekvallei met ander belanghebbendes geskep. Johan Rademan het gaan uitvind.

Saterdag 30 Oktober 2021

Montague se spoke

Marchelle van Zyl bedryf verskeie inisiatiewe in die Montague-omgewing - staproetes, fietsroetes en spookroetes. Johan Rademan het gaan spoke.

Saterdag 23 Oktober 2021

Elsa Dickson se twee paspoorte

Elsa Dickson het ‘n dubbeldoorpaspoort – een van Suid-Afrika en een van die VSA. Sy reis dikwels met Amerikaners na Suid-Afrika, en hulle is verras oor wat die land bied. Sy put ook uit die Amerikaanse-omgewing waar sy as musiekonderwyseres klas gegee het vir afstammelinge van die Afro-Amerikaners. Die spirituals is vir haar veral inspirerend. Haar nooiensvan is Van der Byl. Haar pa was Pieter van der Byl, alias Piet Pompies. Johan Rademan het met haar gesels tydens ‘n onlangse besoek aan Suid-Afrika.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: