21:20 - 22:10

Musiekbonbons

Met Terrance April

Nou op die lug: 22:10 - 22:30

Islam in Fokus

Met Shahieda Carlie

Shahieda Carlie

Volgende: 22:30 - 23:00

Musiek op RSG

Met Jacques Arendt

23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Landbou

Dinsdag 7 Desember 2021

RSG Landbou 7 Desember 2021

Die wenners van die 2021 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie wat deur Plaas Media aangebied word, is onlangs aangewys. Ons hoor wie vanjaar se wenners is, en kry terugvoer oor die gehalte van kuilvoer wat mielie-, hawer-, sorghum- en toetsbaalkuilvoer ingesluit het. Heinrich Victor van OVK het die laaste wolmarkverslag vir die jaar.

Maandag 6 Desember 2021

RSG Landbou 6 Desember 2021

Beskikbare en betroubare energie is een van landbou se vele uitdagings. Ons praat met Berrie de Jager van Standard Bank oor die finansiering van alternatiewe energie, en hoe ‘n produsent hierdie besluit moet benader. Dr. Piet Nell van die Landbounavorsingsraad praat oor die voor- en nadele van soutgrond. Hy was een van die sprekers by ‘n webinaar wat deur die LNR vir Wêreld Gronddag aangebied is.

Saterdag 4 Desember 2021

RSG Landbou 4 Desember 2021

Die sagtevrugteboerdery en siderprodusent, Loxtonia in die Ceresvallei, het in Junie vanjaar met die louere weggestap as die algehele kampioen by die Internasionale sider-uitdaging vir hulle Methode Traditionelle-sider. Aan die hoof van die onderneming staan die vrugteboer Larry Whitfield. Hy’s ook stigter en sidermeester. Sy dogter, Ali, is bemarkingsbestuurder. Hoor die storie van hegte familiebande en ‘n verrassingsgeskenk by ‘n troue wat die een eerbetoon op die volgende tot gevolg gehad het.

Vrydag 3 Desember 2021

RSG Landbou 3 Desember 2021

Dr. Johann Strauss is ‘n senior navorser by die Wes-Kaapse Departement Landbou en kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels en bewaringslandbou. Hy vertel van opwindende navorsingsprojekte waarmee die departement onlangs begin het, en wat vir 2022 beplan word. Ons bekyk ook die rol van erdwurms in wisselbouproewe. Volgens Cobus Meiring van die Tuinroete-Omgewingsforum is waterverdamping iets wat straks aangespreek moet word, veral in ‘n veranderende klimaat. Hy gesels oor oplossings waarmee daar vorendag gekom is in die afgelope vyf jaar. Conrad Schutte is bestuurder van konsultasiediens by Vinpro. Hy praat oor die stand van sake in die Wes-Kaape se wingerde.

Donderdag 2 Desember 2021

RSG Landbou 2 Desember 2021

Rooiwater is ‘n veesiekte wat deur bosluise oorgedra word. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid gee raad oor die behandeling hiervan. Koos du Pisanie het by Ruden Rens van GWK gaan uitvind hoe aartappelproduksie in die Noord-Kaap lyk. Chris Derksen is op sy pos met nuus oor die week se vleispryse, en Johan van den Berg gesels soos altyd weersake.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: