12:00 - 13:00

Nic se goed

Met Nic de Jager

Nou op die lug: 13:00 - 14:00

Spesiale uitsending

Met Terrance April

Terrance April

Volgende: 14:00 - 15:00

Radioteater

15:00 - 16:00

RSG Konsertbederf

Met Willem Pelser

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Landbou

Woensdag 24 November 2021

RSG Landbou 24 November 2021

Daar is heelwat faktore wat die struktuur van grond kan benadeel, daarom is dit krities vir landbou om grond te bewaar. Jacques Swanepoel van AECI Plant Health praat hieroor. Kwanalu het onlangs ‘n entrepreneurskapsprogram vir vroue en die jeug bekendgestel. ‘n Matriekleerder van Kroonstad, Ruané Cilliers, het drie jaar gelede Bokse-van-Genade begin. Die projek fokus op hulp aan boere en die gemeenskap in die Springbok-omgewing.

Dinsdag 23 November 2021

RSG Landbou 23 November 2021

Die Nasionale Oesskattingskomitee het einde Oktober die voorneme om te plant vir die 2021/22-produksieseisoen bekendgemaak. Audrey September van die Bergrivierstreek naby die Paarl is aangewys as die Wes-Kaapse Landbouwerker van die Jaar. Sy vertel haar storie. Moet ‘n ram gekoop of self geteel word om genetiese mikpunte vir ramteling te bereik? Leon du Plessis van BKB het die antwoord.

Maandag 22 November 2021

RSG Landbou 22 November 2021

Wat is die redes vir die stygende prys van landbouchemikalieë, en wat word vir 2022 verwag? Graan SA se Groei vir Goud-kompetisie het weer bewys dat die Suid-Afrikaanse produsent rekordopbrengste kan lewer. Neels Fourie van Schweizer-Reneke en Neels Eksteen van Hoopstad praat oor hulle prestasies. Die wenners van die 2021 LNR Nasionale Vleisbeestoekennings word op 25 November aangewys.

Saterdag 20 November 2021

RSG Landbou 20 November 2021

Ons het verlede week kennis gemaak met ‘n Vrystaatse boer wat destyds bekendheid verwerf het met veral haar ongewone benadering tot skaapboerdery. Dis egter haar diep domeinkennis van dieregedrag wat ons weer laat aanklop het, met die hoop om nog van haar stories te hoor. Vandag boer Elmarie van Aswegen nie meer naby Smithfield in die Vrystaat nie, en is besig om ‘n nuwe landboupad uit te kerf. Ons het haar uitgevra oor haar toekomsplanne, maar wou eers hoor hoe sy jare gelede ‘n kobra-besoeker wat hom veels te naby haar woonhuis kom tuismaak het, verdryf het.

Vrydag 19 November 2021

RSG Landbou 19 November 2021

Marius Ras is die afgelope vier dekades betrokke in die navorsing en ontwikkeling van tegnologie vir bespuiting. Hy het as jong meganiese ingenieur sy loopbaan by die Departement Landbou in Stellenbosch begin. Sy werk het bygedra tot die ontwikkeling van die boom-ry-volume-model. Hy konsulteer nou privaat, en bly betrokke by navorsing. Hy deel sy insigte oor veranderinge in bespuitingstegnologie, en wat die toekoms inhou.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: