23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Donderdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Landbou

Woensdag 17 November 2021

RSG Landbou 17 November 2021

Die verbruik van Wagyu-vleis het die afgelope jaar viervoudig onder Suid-Afrikaners toegeneem. Johan de Vos en dr. Michael Bradfield van die Wagyu-vereniging van Suid-Afrika praat hieroor. Ons vind uit hoe diere-eienaars kan vasstel of veeartse by die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad geregistreer is. Ons kuier by prof. Anita Michel by Onderstepoort se Serologie-laboratorium waar daar onder meer vir brusellose getoets word.

Dinsdag 16 November 2021

RSG Landbou 16 November 2021

Duif Joubert van Agri Skills Transfer gee meer besonderhede oor ‘n twee jaar landbou-diploma wat vroeg in 2022 begin. Heinrich Victor is op sy pos met wolpryse. Spesialisveearts dr. Chris van Dijk raad oor waterbestuur op ‘n plaas.

Maandag 15 November 2021

RSG Landbou 15 November 2021

Die plaaslike wynbedryf kon sedert die begin van die Covid-19-pandemie, vir 23 maande geen wyn verkoop nie. Rico Basson van Vinpro vertel van hulle planne vir die herstel van die bedryf. Werner Faber van Botswana gesels oor Tholo Holdings se Simmentaler-produksieveiling, en vertel hoe sake in dié buurland se lewendehawebedryf staan. Ons ontmoet vir Chris Goosen. Hy het die derde plek verower in vanjaar se Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie.

Saterdag 13 November 2021

RSG Landbou 13 November 2021

Elmarie van Aswegen het in 1997 teruggekeer na haar familieplaas naby Smithfield in die Vrystaat. Daar het sy bekendheid verwerf vir haar pionierswerk in die vervaardiging van skaapmelkkaas. Haar ongewone en byna bonatuurlike begrip van dieregedrag sorg vir onvergeetlike landboustories. Een daarvan was haar manier om lammertjies teen jakkalse en ander roofdiere te beskerm.

Vrydag 12 November 2021

RSG Landbou 12 November 2021

Sentraal-Suid Koöperasie Beperk se Graandag is in September vanjaar aangebied. SSK vier ook vanjaar sy 90e bestaansjaar. Hulle het onder andere ‘n aanbieding gedoen oor waar die koöperasie begin het, wat deur die jare gedoen is, en waar hulle vandag is. SSK se voorsitter, Dirk van Papendorp, sluit by ons aan. Nile.ag is ‘n digitale platform wat dit vir produsente moontlik maak om vars produkte aanlyn te bemark. Stigter Louis de Kock verduidelik hoe betalings betyds en korrek aan boere gemaak word.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: