05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Nou op die lug: 06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Derrich Gardner

Volgende: 10:00 - 10:05

Nuus

10:05 - 11:00

Reis sonder grense

Met Johan Rademan

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Sport

Saterdag 13 November 2021

Fanie de Villiers

Vinnige Fanie De Villiers was in die laat jare 90 as een van die beste boulers beskou. Hy het 'n roemryke loopbaan gehad, en wie sal ooit sy 6/43 teen die Aussies in Melbourne vergeet. Hy het met Jody Hendricks oor sy loopbaan gepraat.

Saterdag 23 Oktober 2021

1981 Springboktoer – 40 jaar later

Dit is vanjaar 40 jaar sedert die Springbokke se omstrede toer na Nieu-Seeland in 1981. Jody Hendricks praat hieroor met die destydse kaptein, Wynand Classens.

Saterdag 9 Oktober 2021

Carina Horn se moeilike pad

Die voormalige Suid-Afrikaanse kampioen in die 100 m vir vroue, Carina Horn, het ‘n moeilike twee jaar agter die rug. Sy het in 2019 positief getoets vir ‘n verbode middel, en het die proses alleen aangepak om haar naam in ere te herstel. Sy het al die koste gedra en geen hulp van Atletiek Suid-Afrika ontvang nie. Sy het haar verhaal met Jody Hendricks gedeel.

Saterdag 9 Oktober 2021

Kaapstad-fietstoer

Die Suid-Afrikaanse fietsryer, Nolan Hoffman, het op Sondag 10 Oktober 2021 sy vierde Kaapstad-fietstoer gewen. Hoffman het in ‘n tyd van net meer as twee uur 37 minute skoonskip gemaak in die 43ste aanbieding van die wedren van 109 kilometer in die Moederstad. Die Kaapstad-fietstoer is die grootste van sy soort ter wêreld, en is vroeër vanjaar uitgestel weens Covid-19. In die vroue-afdeling het Kim Le Court eerste geëindig in ‘n tyd van twee uur en 12 minute. Dit is Le Court se tweede oorwinning in die wedren van 78 kilometer. Altesaam 18,000 fietsryers het deelgeneem. Jody Hendricks het 'n voorskou oor die Kaapstad-fietstoer gedoen, en met Johnnie Koen, Nolan Hofman en Shaun Stewart gepraat.

Vrydag 30 Julie 2021

Tatjana wen goud met ‘n wêreldrekord!

Luister na Pieter van den Berg se kommentaar van Tatjana Schoenmaker se oorwinning in die 200m borsslag by die Olimpiese Spele in Tokio.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: