00:00 - 05:25

Deurnag (Donderdag)

Nou op die lug: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

Lise Roberts

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 27 Oktober 2021

Skrywers en boeke 27 Oktober 2021

Ilse Salzwedel gesels met Francois Bloemhof oor sy skryfwerk, en spesifiek ook oor sy jongste roman DIE DUISEND EN EERSTE NAG. Suzette Kotze-Myburg deel haar indrukke van Shana Fife se baie inspirerende en broodnodige memoir getiteld OUGAT. In Johan Myburg se insetsel gesels hy onder andere oor die ware identiteit agter ‘n gewilde Spaanse skrywer se skuilnaam, en ‘n nuwe Winnie the Pooh-verhaal, presies  95 jaar nadat die gewilde kinderverhale die eerste keer verskyn het.

Woensdag 20 Oktober 2021

Skrywers en boeke 20 Oktober 2021

Skrywer Erika Murray-Theron gesels openhartig oor haar nuwe boek, KOM ONS LOOP WEG: ONS PAD MET PARKINSONSIEKTE. Chris Karsten praat oor sy nuwe roman, GERUGTE VAN ‘N ONTVOERING. Johan Myburg vertel in sy internasionale insetsel onder meer van die polemiek oor ‘n Franse letterkunde prys, ‘n interessante nuwe sosiale media tendens om boeke onder tieners te bemark, en ‘n nuwe bundel uit die pen van die Amerikaanse digter Louise Glück.

Woensdag 13 Oktober 2021

Skrywers en boeke 13 Oktober 2021

Ilse Salzwedel gesels met Nicole Jaekel-Strauss oor haar roman, OM ALLEEN TE GAAN. Suzette Kotze-Myburgh vertel meer oor vanjaar se US Woordfeesbundel, getiteld IETS ANDERS,. In Johan Myburg se internasionale insetsel kan jy meer uitvind oor die wenner van vanjaar se Nobelprys vir letterkunde, Abdulrazak Gurnah, wat ook een van sy kortverhale voorlees.

Woensdag 6 Oktober 2021

Skrywers en boeke 6 Oktober 2021

Ilse Salzwedel gesels met Zelda Bezuidenhout, skrywer van DIE WAARDE VAN STIL BURE, oor haar loopbaan.  Die digter en musikant Andries Bezuidenhout vertel meer oor die gedigte wat hy, Mercy Kannemeyer, Lydia Gittens, Salvia Ockhuis en Valda Jansen tydens ‘n skrywersresidensie in Somerset-Oos geskep het en saam met musiek op die album DERDE GOLF bekendgestel het. Jy kan ook luister na twee van hierdie gedigte. In Johan Myburg se internasionale insetsel gesels hy onder andere oor nuwe boeke deur verskeie bekende internasionale skrywers.

Woensdag 29 September 2021

Skrywers en boeke 29 September 2021

Suzette Kotze-Myburg en Theo Kemp gesels oor die Jakes Gerwel stigting se skrywers- en boekprogramme. Sidney Gilroy en Suzette Kotze-Myburgh gesels oor sy roman MIDDERNAG, wat onlangs bekroon is as mees verfilmbare roman van 2020, en hoe hy dit regkry om filmies te skryf. Johan Myburg vertel meer oor die Week van het Nederlands, wat vanjaar vir die eerste keer in Suid Afrika aangebied word, en bring hulde aan Jack Hirschman, Amerikaanse digter, poet laureat en aktivis, wat onlangs oorlede is.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: