23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Donderdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 18 Augustus 2021

Skrywers en boeke 18 Augustus 2021

Ilse Salzwedel gesels met Leon van Nierop oor sy nuwe boek,  MOORD OP LAKE PANIC. Johan Myburg gesels oor twee internasionale literêre pryse wat tans in die spervuur is, asook die digter  Magmoed Darwisj. Ter viering van Vrouemaand kan jy luister na ‘n argiefopname oor Petronella van Heerden, feminis, die eerste Afrikaanse vrou wat medies studeer het en die skrywer van twee memoires, KERSSNUITSELS en DIE SESTIENDE KOPPIE. Daar is ook meer inligting oor ‘n kursus in boekherstelwerk en die Avbob-poësiekompetisie.

Woensdag 11 Augustus 2021

Skrywers en boeke 11 Augustus 2021

Ilse Salzwedel gesels met Zirk van den Bergh oor sy roman EEN OF ANDER HELD. Daar is nuus oor KYKNET RAPPORT BOEKPRYSE se kortlyste, afslag op Afrikaanse boeke ter viering van die KOOP-‘n- AFRIKAANSE-BOEK-dag eerskomende naweek en meer inligting oor die kortverhaalkompetisie vir die samestelling van die jaarlikse US Woordfeesbundel. In Johan Myburg se weeklikse bydrae oor die internasionale letterkunde gesels hy oor EJ Levy se roman THE CAPE DOCTOR en Maryse Conde se roman WAITING FOR THE WATERS TO RISE. Jy kan ook luister na twee gedigte deur die Jamaikaanse digter Jean “Binta” Breeze.

Woensdag 4 Augustus 2021

Skrywers en boeke 4 Augustus 2021

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Miriam Telanie oor haar debuutroman, HIER VERLAAT EK JOU.  Bibi Slippers deel haar indrukke van S.J. Naude se kortverhaalbundel, DOL HEUNING. Johan Myburg vertel meer oor Karen Jennings en Damon Galgut, twee Suid-Afrikaners wie se boeke albei op vanjaar se BOOKER-kortlys verskyn. In haar laaste slypklas vir skrywers gesels Ina Strydom met die radiodramaskrywer, Lee Doubell.

Woensdag 28 Julie 2021

Skrywers en boeke 28 Julie 2021

Ons bring hulde aan die digter Rosa Smit, wat verlede week oorlede is. Ilse Salzwedel gesels verder met digter Fanie Olivier. Ina Strydom gesels oor byklanke in haar slypklas vir die skryf van radiodramas. Johan Myburg vertel meer van ‘n nuwe roman oor die vroue van Troje, die wenner van die Theakston Old Peculier misdaadroman van die jaar, en ‘n nuwe biografie oor Dante ter herdenking van hierdie beroemde skrywer se sterfjaar 700 jaar gelede.

Woensdag 21 Julie 2021

Skrywers en boeke 21 Julie 2021

In die eerste van twee gesprekke gesels Ilse Salzwedel met die digter en letterkundige Fanie Oliver. Die digter en letterkundige, Daniël Hugo, praat oor die kuns van vertaling uit Nederlands.  In Ina Strydom se slypklas vir skrywers gee sy raad oor die ontwikkeling van die storie. Johan Myburg deel ‘n inspirerende storie oor boekversamelaars in ‘n oorloggeteisterde Damaskus, en JK Rowling se jongste fantasieverhaal vir kinders, DIE ICKABOG, wat in Afrikaans vertaal is.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: