07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Sondag 31 Januarie 2021

Sterre en planete 31 Januarie 2021

Die Diepruim-netwerk het pas ‘n nuwe antenna bygekry. Die span verduidelik wat die netwerk is en waar nie nuwe antenna is. Wanneer jy na die sterrehemel kyk, moet jy besef dat die lig van ‘n ster af kom wat moontlik nie meer bestaan nie.  Dit neem lig miljoene jare om teen 360,000 km per sekonde deur die ruimte te trek.  As dit so lank neem, kan dit beteken dat die die oorsprong van die lig, ‘n ster, lankal nie meer daar is nie.

Sondag 24 Januarie 2021

Sterre en planete 24 Januarie 2021

SpaceX het ‘n paar dae gelede weer ‘n klomp Starlink-satelliete die ruimte in geskiet. Sterrekundiges raak bekommerd oor die uitwerking wat die satelliete op sterrekundige waarnemings sal hê. Hoor wat Elon Musk te sê het oor hierdie projek van hom. Een van Sterre en Planete se luisteraars wil weet wat die verskil tussen kosmos en ruimte is, en die span praat oor Insight op Mars en die “mol” wat onklaar geraak het.

Sondag 17 Januarie 2021

Sterre en planete 17 Januarie 2021

Is die ruimte heeltemal donker? Die span praat ook die uitdying van die heelal, en waarop die beginsel gebasseer is. Het jy al van ‘n skrikkelsekonde gehoor?  Skrikkeljare is algemeen bekend, maar ‘n skrikkelsekonde? Een van die bekende bgerippe in die ruimtewetenskap is die mikrogolf-agtergrondgeraas, maar daar is nou vasgestel dat daar ook so iets soos ‘n agtergrondgebrom is.

Sondag 10 Januarie 2021

Sterre en planete 10 Januarie 2021

Lafas Smit vertel waarna om in die sterrehemel in Januarie te kyk. Daar is inligting oor die rotasie van die son, en waar die son se noord- en suidpole geleë is. Willie Koorts gee ‘n uiteesetting van die atmosfere wat op planete bestaan, en wat bepaal of daar ‘n atmosfeer is of nie.  Die aarde se susterplaneet het byvoorbeeld ‘n redelike stewige atmosfeer.

Sondag 3 Januarie 2021

Sterre en planete 3 Januarie 2020

Die V2-vuurpyl wat deur die Duitsers in die Tweede Wêreldoorlog gebruik is, is die eerste vuurpyl wat suksesvol gebruik is. Jim Adams van Nasa praat oor aandrywingstelsels in die ruimte. Dis interessant om te hoor watter persentasie van die massa van ‘n vuurpyl, soos die Atlas, brandstof is wanneer dit afgevuur word.  Jim gesels ook die New Horizons-sending na Pluto toe die satelliet met gravitasiehulp van Jupiter, twee jaar vroeër by Pluto aangekom het.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: