21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Nou op die lug: 21:20 - 21:50

Vers en Klank

Met Sophia van Taak

Sophia van Taak

Volgende: 21:50 - 22:10

Kortom

Met Johan Rademan

22:10 - 23:00

Geestesgesondheid

Met Johan van Lill

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Sondag 27 Desember 2020

Sterre en planete 27 Desember 2020

Die span kyk terug na ‘n paar belangrike ruimtegebeure die afgelope jaar, soos die suksesvolle Hayabusa 2-sending van Japan waartydens materiaal van die asteroïde Ryugu versamel is en suksesvol na die aarde teruggebring is. Nog ‘n belangrike gebeurtenis is dr. Japie van Zyl se dood, wat almal onkant gevang het.

Sondag 20 Desember 2020

Sterre en planete 20 Desember 2020

Baassterrekyker Lafras Smit gesels saam oor die konjunksie van Jupiter en Saturnus wat op 21 Desember sy  maksimum bereik. Willie Koorts praat oor ‘n bielie van ‘n digitale kamera wat gebou word om in ‘n teleskoop te pas. Hy verduidelik ook hoe die CCD-beginsel werk wat in so ‘n kamera gebruik word.

Sondag 13 Desember 2020

Sterre en planete 13 Desember 2020

Die konjunksie tussen Jupiter en Saturnus op 21 Desember trek baie aandag. Die span praat oor hierdie gebeurtenis wat elke paar honderd jaar plaasvind.  Kobus Olckers gesels oor die rol wat die Arecibo-teleskoop gespeel het om die Soho-sonsatelliet weer terug in sy baan te kry nadat die reaksiewiele per ongeluk afgeskakel is. En Lafras Smit vertel wat in die hemelruim te sien is in Desember.

Sondag 6 Desember 2020

Sterre en planete 6 Desember 2020

Aandrywing in die ruimte raak al hoe meer ‘n kwessie soos ruimtetuie verder in die ruimte in beweeg. Jim Adams praat oor die rol wat kernkrag in die toekoms van ruimteverkenning kan speel. NASA het in die verlede reeds na verskeie opsies gekyk om kernkrag in te span. Een daarvan was die korrelbedreaktor wat in Suid-Afrika ontwikkel is.

Sondag 29 November 2020

Sterre en planete 29 November 2020

Willie Koorts was op Sutherland betrokke by die oprigting van ‘n nuwe koepel met sy teleskoopbehuising. Hy verduidelik hoe waterpas die vloer moet wees om die teleskoop korrek te monteer. Daar is nuus oor die Arecibo-radioteleskoop in Puerto Rico wat die einde van sy lewe bereik het. Prof. Matie Hoffman beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor ‘n waterstofwolk wat besig is om ons sterrestelsel te nader.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: