11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

Nou op die lug: 12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Suzanne Paxton

Volgende: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Sondag 22 November 2020

Sterre en planete 22 November 2020

Wat is die verband tussen ‘n draaiende tol en die tolbeweging van die aarde? Ruimtewetenskaplikes het ‘n asteroïede gevind wat geheel en al uit metale saamgestel is. Op die aarde sal hierdie klip triljoene dollar werd wees. Daar is ook inligting oor die asteroïede, Apophis, wat die aarde moontlik oor ‘n paar dekades kan tref.

Sondag 15 November 2020

Sterre en planete 15 November 2020

Kan ‘n ander satelliet dieselfde baan hê as die Internasionale ruimtestasie?  Daar is inligting oor kleiner sterrestelsels naby die melkweg. Kobus Olckers gesels oor hoëspoed partikels wat van die son af kom en moontlik skade aan satelliete kan aanrig.

Sondag 8 November 2020

Sterre en planete 8 November 2020

Die span praat oor ’n proteïen wat in ‘n meteoriet gevind is.  Sou dit op lewe elders kan dui? Daar is ook meer inligting oor ‘n reuse ontploffing wat miljoene ligjare gelede in die ruimte plaasgevind het. En ‘n satelliet gaan opgestuur word om ander satelliete te gaan diens.

Sondag 1 November 2020

Sterre en planete 1 November 2020

Die span praat oor water op die maan bespeur is met ‘n spesiale teleskoop wat in ‘n Boeing 747 gemonteer is, en die sending na die asteroïede, Bennu.  Jim Adams verduidelik waarom dit so belangrik is dat die asteroïede monsters wat op Bennu opgeskep is, nie tydens die terugvlug verlore gaan nie.  Hy praat ook oor die aard van die water op ons maan, en waarom dit nie vroeër opgemerk is nie.

Sondag 25 Oktober 2020

Sterre en planete 25 Oktober 2020

NASA het die afgelope week hoofberigte oorheers toe die eerste Amerikaanse tuig op ‘n asteroïede neergestryk het.  Daar is ‘n antwoord op die vraag wat sal gebeur as ons susterstelsel, Andromeda, teen ons eie melkweg bots?  Daar is bewyse dat die twee stelsels stadig nader aan mekaar beweeg.  Een van die interessante brokkies inligting wat van die Voyager-satelliete af kom, is dat die digtheid van die ruimte op die plek waar hulle is, buite die heliosfeer, skerp toegeneem het.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: