05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Nou op die lug: 06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Derrich Gardner

Volgende: 10:00 - 10:05

Nuus

10:05 - 11:00

Reis sonder grense

Met Johan Rademan

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 7 Desember 2019

Sterre en planete

Wat sou gebeur as 'n komeet op Tafelberg val? Dit is 'n vraag wat 'n luisteraar aan die Sterre en Planete-span gestuur het. Daar is ook 'n gesprek oor die verskil tussen 'n meteoor en 'n komeet. Is daar 'n korrelasie tussen sonaktiwiteit en hitte op aarde? Die span praat ook oor klein maantjies wat elke nou-en-dan om die aarde wentel.

Saterdag 30 November 2019

Sterre en planete

Ruimtewetenskap het ook te doen met wat op Moeder Aarde aangaan. Dr. Japie van Zyl praat oor satelliete wat die oseaanvlak van die aarde meet, en of die vlak van die oseane dwarsoor die aarde relatief gelyk is. Die antwoord sal jou verbaas! Daar is ook vasgestel dat 'n bepaalde sterrestelsel, nie een nie, maar drie gravitasiekolke het. Die span praat ook oor die interessante verskynsel.

Saterdag 23 November 2019

Sterre en planete

Waarom word die name van hemelliggame verander? Die span vertel wat die nuwe naam van Ultima Thule is. Dit is 'n voorwerp wat deur New Horizons afgeneem is en in die Kuypergordel lê. Daar word ook gesels hoe mens te werk gaan om ons sustergalaksie, Andromeda, te sien en of mens 'n teleskoop nodig het. Die stelsel sit tans bokant die noordelike horison, regs onder die Pegasuskonstellasie. Daar is ook 'n interessante vraag oor watter oppervlak van die maan werklik sigbaar is.

Saterdag 16 November 2019

Sterre en planete

Die feit dat die aarde se baan om die son effe eksentriek is, laat mense wonder of dit nie tot klimaatsverandering aanleiding kan gee nie. Daar is ook inligting n.a.v. van 'n vraag of die sonwind nie 'n komeet se roei kan wegwaai nie. Die span praat ook oor hoe die Dopplermetode gebruik word as een van die maniere om eksoplanete op te spoor.

Saterdag 9 November 2019

Sterre en planete

As jy die regte toerusting het, sal jy die middag van 11 November kan sien hoe die sonnestelsel se kleinste planeet, Mercurius, voor die son verby skuif. Willie Koorts verduidelik waar en hoe mens moet kyk om die verskynsel mooi te sien. Wat is plasma in die ruimte? Kobus Olckers verduidelik wat dit is, veral na aanleiding van Voyager 2 wat die heliosfeer verlaat het. Ruimtewetenskaplikes het 'n merkbare verandering in die digtheid van ruimteplasma opgemerk soos wat die satelliet verder weg van die aarde af beweeg.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: