05:55 - 06:00

Ikra

Nou op die lug: 06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Udo Carelse

Volgende: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 2 November 2019

Sterre en planete

Posisiebepaling in die ruimte is belangrik, veral as jy met projekte in die diepruim besig is. Die span vertel hoe dit gedoen word. Daar is ook inligting oor satelliete wat aarde toe val en nie uitbrand nie, na aanleiding van 'n voorwerp wat in die agterplaas van 'n Amerikaanse boer geval het. Dr. Japie van Zyl gesels ook oor die geheime mini-pendeltuig wat ná etlike maande in die ruimte, teruggekeer het aarde toe.

Saterdag 26 Oktober 2019

Sterre en planete

Watter rol speel die aarde se atmosfeer in sterrekunde? Die span praat hieroor, en verduidelik uit watter lae dit bestaan. 'n Luisteraarsvraag oor die waarneming van sterlig en hoe 'n spektrograaf gebruik word om die lig van sterre te isoleer, word beantwoord. En Willie Koorts praat oor die verskil tussen spektrografie en fotometrie.

Saterdag 19 Oktober 2019

Sterre en planete

Daar is baie faktore wat 'n rol speel in klimaatsverandering. Kobus Olckers vertel van metaanhidriete wat op sekere plekke op die seebodem voorkom. Dit laat gasborrels vry, en as die see warmer word, word meer gasborrels vrygestel wat 'n bose kringloop kan laat begin. Dit gebeur vanweë die mens se bedrywighede, en die son wat wat tans op sy piek is. Daar word ook gepraat oor die wentelperiode van die internasionale ruimtestasie, en hoeveel keer die stasiebemanning die son sien opkom en ondergaan in 24 uur.

Saterdag 12 Oktober 2019

Sterre en planete

Tot dusver was Jupiter die planeet in ons sonnestelsel wat die meeste mane gehad het, maar die ringplaneet, Saturnus, het Jupiter nou onttroon. Die span vertel hoeveel mane Saturnus nou het. Daar is ook meer inligting oor die Hydrosat-projek van dr. Japie van Zyl, en wat die resolusie is van die foto's wat die satelliete van die aarde gaan neem. Kobus Olckers praat oor die son se draai-aksie, en hoe lank dit die son neem om een keer om sy ewenaar te roteer.

Saterdag 5 Oktober 2019

Sterre en planete

Een van die vrae wat dikwels deur luisteraars gevra word, is of die son se aktiwiteit weerpatrone op aarde kan beïnvloed. Die span praat hieroor, veral met betrekking tot kosmiese strale. Daar is ook 'n vraag oor hoe rekenaars wat aan boord van ruimtetuie is, se temperature beheer word. 'n Luisteraar wou ook weet of enige iemand al 'n ster sien vergaan het.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: