18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Ryk van Niekerk

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Aandboekvoorlesing

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 24 Augustus 2019

Sterre en planete

Wat is die verskil tussen 'n reaksiewiel en 'n giroskoop? 'n Luisteraar het ook gevra hoe dit gebeur het dat die planete en mane in ons sonnestelsel sferies is. En die span praat oor die vraag wat op die internet ronddryf of swaartekrag 'n mite is.

Saterdag 17 Augustus 2019

Sterre en planete

Is daar sterre wat ouer as die heelal is? 'n Vraag oor meteorietimpakte op die maan word ook beantwoord. En daar word oor gravitasiekolke gepraat en die feit dat die mens nog nie die kolke spesifiek waargeneem het nie. Dis net die effek van die kolk wat gesien word.

Saterdag 10 Augustus 2019

Sterre en planete

Kobus Olckers in Florida in die V.S.A. is een van Sterre en Planete se spanlede wat nie genoeg van die son kry nie. Hy kyk al tussen 30 en 40 jaar na ons ster, maar verlede week het hy iets op die son gesien wat hy nog nooit vantevore waargeneem het nie. Hy vertel wat hy gesien het. Daar is ook 'n antwoord op 'n luisteraarsvraag oor die diepte van die kraters op die maan.

Saterdag 3 Augustus 2019

Sterre en planete

Dis deesdae nie juis nuus as 'n satelliet gelanseer word nie. Die span oor die stappe wat gevolg moet word om 'n satelliet in 'n baan te kry, en of alle satelliete met stumotors toegerus is. In die wêreld van die ruimtewetenskap word daar ook na ander metodes gekyk om ruimtetuie mee aan te dryf. Daar is al in hierdie program gepraat oor ioonmotors, maar ligseile is ook iets waarna gekyk word.

Saterdag 27 Julie 2019

Sterre en planete

Saturnus staan bekend as die koning van die ringe. Ringe wat soms oop of toe is. Wat beteken dit presies? Daar is ook inligting oor 'n onderhoud wat op TV uitgesaai is dat die maanlanding nie regtig plaasgevind het nie. Die span verduidelik waarom hierdie gebeurtenis nie fopnuus is nie. En een van die luisteraars het gevra waarom daar seisoene is. Die span verduidelik hoe dit werk.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: