06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Renske Jacobs
Gustav Greyling

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Groeipyne

Met Anthea Fredericks

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 6 April 2019

Sterre en planete

Die span praat oor Indië se jongste satelliet. Dr. Japie van Zyl verduidelik hoe moeilik dit is om swaar vragte op Mars te laat land. Hy praat ook oor satelliettegnologie om die waterbehoeftes van plante te monitor sodat water betyds gegee kan word. Die span kyk ook na 'n “oorvol” satellietgebied om die aarde wat in die toekoms probleme kan skep, veral met die kleiner kubersatelliete wat nou meer gereeld gelanseer word.

Saterdag 30 Maart 2019

Sterre en planete

Ligo is 'n baie sensitiewe instrument wat gebruik word om gravitasiegolwe te meet. Hoor hoe sensitief die instrument is en hoe Ligo presies lyk. Daar is ook inligting oor die stigtingsvergadering van die Afrika Planetarium Vereniging wat in Kaapstad plaasgevind het. Prof Matie Hofmann het die vergadering bygewoon en hy vertel wat die doelstellings van die organisasie is. Willie Koorts beantwoord ook 'n luisteraarsvraag oor die posisie van galaksies en of dit 'n besondere betekenis het.

Sondag 24 Maart 2019

Sterre en planete

Tyd is 'n begrip wat moeilik is om te definieer. Prof. Matie Hofmann en Willie Koorts beantwoord 'n luisteraarsvraag oor die verskil tussen Sideriese, of sterretyd, en sontyd. Willie verduidelik hoekom daar by Sutherland net met sterretyd gewerk word. 'n Ander luisteraar het gevra of swaartekrag beteken se trekrigting altyd na die middel van die aarde is, al staan jy waar op die aarde.

Saterdag 16 Maart 2019

Sterre en planete

'n Luisteraars wil weet hoe die son se energie-uitset vergelyk met die opwekking van elektrisiteit op aarde. Prof. Matie Hofmann verduidelik dat die sone elke sekonde 5000-miljoen Gigawatt uitsit! Daar is nog 'n luisteraarsvraag wat beantwoord word oor totale sonsverduisterings, en hoe dikwels dit voorkom. Willie Koorts verduidelik ook hoe die Orionkonstellasie lyk wat tans reg bo ons koppe te sien is. Opvallend is die drie konings en die Orion-gasnewel.

Saterdag 9 Maart 2019

Sterre en planete

Heelwat luisteraars vra dikwels wat die opppervlaktemperatuur van ons ster, die son, is. Die span beantwoord die vraag, verduidelik waarom die korona van die son baie warmer is as die oppervlak. Daar is ook inligting oor Insight op Mars wat 'n rots raak geboor het, en planne word nou beraam om die boor verby die rots te stuur. Willie Koorts praat ook oor die grootte van sensors wat op teleskope en kameras gebruik word.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: