06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Gustav Greyling
Renske Jacobs

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Sondag 26 September 2021

Sterre en planete 26 September 2021

Soos die belangstelling in die ruimte toeneem, neem die belangstelling in amateursterrekunde toe. ‘n Vraag wat dikwels voorkom, is watter amateurteleskoop aangekoop moet word. Die span verduidelik wat in gedagte gehou moet word, en die onderskeid tussen ‘n Alt-Az en ‘n ekwatoriale teleskoop.  Lafras Smit verduidelik ook wat die beste teleskoop vir astrofotografie is.

Sondag 19 September 2021

Sterre en planete 19 September 2021

‘n Voorwerp, waarskynlik ‘n asteroïede, het Dinsdag in ons sonnestelsel se grootste planeet, Jupiter, ingeval. Ons praat hieroor met Clyde Foster, wat Jupiter deurgaans fyn dophou. Is daar klank in die ruimte? Dit is een van die luisteraarsvrae wat beantwoord word. Daar word ook gesels oor een van die Hubble-teleskoop se beroemdste foto’s – die Hubble Ultra Deep field.

Sondag 19 September 2021

-DELETED- Sterre en planete 19 September 2021

‘n Voorwerp, waarskynlik ‘n asteroïede, het Dinsdag in ons sonnestelsel se grootste planeet, Jupiter, ingeval. Ons praat hieroor met Clyde Foster, wat Jupiter deurgaans fyn dophou.  Is daar klank in die ruimte?  Dit is een van die luisteraarsvrae wat beantwoord word.  Daar word ook gesels oor een van die Hubble-teleskoop se beroemdste foto’s – die Hubble Ultra Deep field.

Sondag 12 September 2021

Sterre en planete 12 September 2021

Met die mensdom se betreding van die ruimte, het die kwessie van ruimterommel telkens na vore gekom.  Die span praat oor dié probleem. Willie Koorts vertel hoeveel lanserings al sedert Sputnik plaasgevind het. Magda Streicher vertel van die Noorderkruis wat deesdae op die noordelike horison te sien is. Daar is meer sonsiklusse as die elf jaar siklusse waarvan ons weet.

Sondag 5 September 2021

Sterre en planete 5 September 2021

Die veelbesproke James Webb-ruimteteleskoop vat eersdaags die pad na Frans-Guiana vanwaar die lansering sal plaasvind. Jim Adams praat oor die teleskoop en hoe dit verskil van die Hubble-ruimteteleskoop. Die teleskoop sal op die L2-punt in die ruimte geplaas word om waarnemings in die infrarooigolflengte te doen.  Jim verduidelik ook hoekom die lansering nie in die VSA plaasvind nie.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: