23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 2 Maart 2019

Sterre en planete

Dr. Japie van Zyl praat oor sy toekomsplanne, en hoe satelliete die landbousektor gebruik kan word, veral die spesialis-satelliete meer dikwels om die aarde wentel. Daar word ook gesels oor nuwe tegnologie waar X-strale vir beter kommunikasie in die ruimte gebruik sal word. Die span praat ook oor die welslae wat die Japanse Ruimte-agentskap gehad het met die Hyabusa-tuig wat op die Ryugu-asteroïed geland en opgestyg het.

Saterdag 23 Februarie 2019

Sterre en planete

Een van die vrae wat ons van 'n luisteraar gekry het, handel oor 'n helder voorwerp wat vanuit die weste al helderder geword het en toe na die noorde oor die horison verdwyn het. Die span bespiegel oor die moontlikheid dat dit 'n vliegtuig was wat reg op die luisteraar afgepeil het. Hy kon dus nie beweging sien nie, maar wel dat die voorwerp helderder word. Die feit dat die Mars 1-projek gelikwideer is, word ook bespreek. En die rol van spektrometers en spektrograwe word bespreek.

Saterdag 16 Februarie 2019

Sterre en planete

'n Luisteraar wil weet hoe mens die spoed van lig kan meet as daar nie duidelikheid is oor wat presies lig is nie. Willie Koorts verduidelik ook meer oor die skeppingsverhaal en die ruimte na aanleiding van 'n luisteraarsvraag. En Matie Hoffman praat oor die komeet Iwamoto wat wat tans in die omgewing van die aarde met 'n verkyker te sien is.

Saterdag 9 Februarie 2019

Sterre en planete

Wat is lig? Dis een van die tameletjies wat bespreek word. 'n Luisteraar, Pieter Smith, wil weet of dit moontlik is dat 'n maan ook 'n maan kan hê. En sterrekundiges daarin geslaag om konveksievlekke op 'n ander ster as ons son raak te sien. Heelwat inligting is beskikbaar oor die aktiwiteit van ons son, maar baie gevorderde optika word vereis om op 'n ander son aktiwiteit waar te neem.

Saterdag 2 Februarie 2019

Sterre en planete

Dr. Japie van Zyl van JPL praat oor die projekte wat tans op Mars aan die gang is. Nog geen woord is gehoor van Opportunity af nie wat ná 'n reuse stofstorm, stil geword het. Hy sê dis moontlik dat die batterye gevries het, maar JPL bly nietemin op die uitkyk vir moontlike seine van die tuig af. Die statiese tuig, Insight, is besig om voor te berei om die seismograaf aan die werk te kry. Fyn verskuiwings moes gedoen word om die verbindingskabel tussen die tuig en die seismograaf gereed te kry. Daar is ook besluit waar die opvolger van Curiosity in 2021 gaan land – die Jezero krater.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: