12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 26 Januarie 2019

Sterre en planete

'n Bolied, wat 'n meteoor is, het die Kaap voor verlede week op hol gehad. Verskeie rapporterings is ontvang van mense wat die ruimtelike voorwerp die aarde se atmosfeer sien binnekom het. Sommige mense het die ontploffigs gehoor toe die meteoor gedisintegreer het. Die span praat oor die gebeure en waarvoor mens moet oplet as 'n meteoor waargeneem word. Daar is ook inligting oor die verskillende katalogusse van die naghemel. Die bekendse sterkatalogus is die New General Catalogue.

Saterdag 19 Januarie 2019

Sterre en planete

'n Groot mylpaal is bereik met die oprigting van 'n monument van die ou LaMont Hussey teleskoop by die Digitale Planetarium in Bloemfontein. Daar is ook inligting oor 'n superbloedmaan wat binnekort gesien kan word. Suid-Afrikaners sal egter nie die geleentheid hê om hierdie supermaansverduistering te sien nie. Dit is elders op plekke in die wêreld sigbaar. 'n Luisteraarsvraag oor die afwesigheid van 'n magneetveld op Mars, word ook beantwoord.

Saterdag 12 Januarie 2019

Sterre en planete

Die span beantwoord luisteraarsvrae. Daar is 'n vraag van 'n jong luisteraar wat te doen het met die verskil in temperatuur tussen Venus en Mercurius. Mercurius is die naaste aan die son, en daarom sou mens dink dat die planeet warmer as Venus sou wees. Dit is egter nie die geval nie. Daar is ook inligting oor ultravioletbestraling, en wat die effek van hierdie bestraling op byvoorbeeld Uranus sou wees.

Saterdag 5 Januarie 2019

Sterre en planete

Die Marstuig, Insight, het sy seismometer op sy plek gesit, gereed om met opnames te begin. Dr. Japie van Zyl vertel waar dinge staan met Insight en of alles volgens plan verloop. Daar is ook inligting oor die New Horizons-satelliet wat hom tans in die Kuiperbelt bevind en redelik onlangs by 'n asteroïde, Thule, verby getrek het. Die span op die grond wag nou vir duideliker foto's van Thule. Die span gesels ook oor 'n kubesatelliet wat onlangs deur Suid-Afrikaanse wetenskaplikes die ruimte ingestuur is.

Saterdag 29 Desember 2018

Sterre en planete

Soos met baie dinge tydens die jaarwisseling, kyk die span terug na die afgelope jaar op ruimtegebied. Wat beslis uitstaan, is die suksesvolle landing van Insight op Mars. Die tuig het reeds met sy werksaamhede begin. Die Parkersending na die son is ook 'n belangrike gebeurtenis, en baie mense sal ook die maansverduistering onthou.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: