15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Sondag 31 Julie 2016

31 Jul 2016

Een van die feitefoute wat mense maak as hulle na die hemelruim kyk, is dat die aand- of oggendster, 'n ster genoem word. Dit is nie 'n ster nie, maar die planeet Venus. Venus het 'n hele paar interessante eienskappe wat nogal vreemd is. Daar word ook gepraat oor die feit dat al vyf naakte oog planete tans sigbaar is – Mercurius, Venus, Mars, Jupiter en Saturnus.

Saterdag 23 Julie 2016

24 Jul 2016

Die eerste fase van die SKA-projek, die Meerkat, het vandeesweek vir groot opwinding gesorg deur die sogenaamde eerste lig te sien. Sterrestelsels is waargeneem wat andersins onbekend was. Die span gesels oor hierdie belangwekkende gebeurtenis en wat dit vir die toekoms van die projek beteken. Daar word ook gekyk na die vyf verskillende lae van die Aarde se atmosfeer.

Saterdag 16 Julie 2016

17 Jul 2016

Die span praat oor sterre se rotasie en die dwergplanete in ons sonnestelsel. 'n Nuwe dwergplaneet is onlangs weer ontdek. Dis interessant om te hoor aan watter eienskappe 'n planeet moet voldoen om as 'n dwergplaneet bestempel te word.

Saterdag 9 Julie 2016

10 Jul 2016

Toe ons verlede week met dr. Japie van Zyl van JPL oor die Juno sending gepraat het, was dit nog voor die tuig Jupiter se magneetveld genader het. Juno het intussen by die gasplaneet aangekom. Dr. van Zyl praat oor die welslae van hierdie belangrike stap van die sending. En Kobus Olckers vertek ook van die pole van die die son wat omswaai, en die son wat op pad is om sy minimum te bereik.

Saterdag 2 Julie 2016

3 Jul 2016

Daar is groot opgewondenheid oor die aankoms van die Juno-ruimtetuig by Jupiter. Dr. Japie van Zyl vertel hoe moeilik die sending is, aangesien die tuig baie naby aan die planeet sal beweeg en aan hewige magnetiese kragte onderwerp sal word. Die sending is so beplan dat die aankomsdatum saamval met Amerika se onafhanklikheidsvierings op 4 Julie.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: