23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 8 Maart 2014

9 Mar 2014

Nasa het onlangs bekend gemaak dat 'n horde nuwe eksoplanete deur die Keplerteleskoop waargeneem is. Hennie Maas praat eksklusief met dr. Japie van Zyl van Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, oor die betekenis van die ontdekking. JPL is een van die onderafdelings van Nasa. Ruimtewetenskaplikes het ook 'n interessante manier gevind om die planete op te spoor.

Sondag 2 Maart 2014

2 Mar 2014

Wat word bedoel met as 'n nuwe seisoen op Saturnus aanbreek?

Saterdag 22 Februarie 2014

23 Feb 2014

Dis nou sowat 'n jaar gelede dat 'n klein asteroïde oor Rusland ontplof het. Dit plaas die fokus weer eens op die moontlikheid dat gesteentes uit die buitenste ruim die aarde se atmosfeer kan binnedring en skade op die grond kan aanrig. Die span kyk na die moontlikheid om so 'n naderende bedreiging betyds te vernietig. Daar is ook inligting oor astrofotografie.

Saterdag 15 Februarie 2014

16 Feb 2014

Is daar 'n verband tussen die afstand van 'n ster en sy ouderdom? Daar is ook inligting oor 'n nuwe son wat ontdek is en wat die oudste is wat tot dusver waargeneem is. Die span praat ook oor 'n nuwe krater wat op Mars ontdek is.

Saterdag 8 Februarie 2014

9 Feb 2014

Hennie Maas kuier by 'n paar manne wat geduld met hoofletters skryf, want hulle slyp self hulle teleskoopspieëls. Dis 'n stokperdjie waar jouself beter leer ken as die slypproses, sê een van die ervare slypers. Daar is ook 'n vraag oor waar die kamera was wat Neil Armstrong afgeneem het toe hy in 1969 die eerste mens geword het wat sy voet op die maan gesit het.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: