21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Nou op die lug: 21:20 - 22:10

Musiekbonbons

Met Terrance April

Terrance April

Volgende: 22:10 - 22:30

Islam in Fokus

Met Shahieda Carlie

22:30 - 23:00

Musiek op RSG

Met Jacques Arendt

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Sondag 16 Mei 2021

Sterre en planete 16 Mei 2021

Wat is die kans dat intelligente lewe op eksoplanete gevind kan word?  Dit is een van die vrae wat ‘n luisteraar aan die Sterre en Planete-span gevra het. Willie Koorts gesels ook oor die Sjinese Longmarch vuurpyl wat naby die Maldives in die see gestort het.  En die span praat oor die klank van die rotors van Ingenuity op Mars.

Sondag 9 Mei 2021

Sterre en planete 9 Mei 2021

Wat word van  frekwensies wat die ruimte ingestuur word? Daar is ook inligting oor die internasionale Space Ops-konferensie wat die afgelope week virtueel deur SANSA aangebied is. ‘n Vraag oor wat die kolle op die maan is, word ook beantwoord.

Sondag 2 Mei 2021

Sterre en planete 2 Mei 2021

Titaan is die grootste maan wat om Saturnus wentel.  Nasa beplan om ‘n sending na dié vreemde hemelliggaam te stuur.  Die Dragonfly-sending sal in die 2030's in die rigting van Saturnus gelanseer gelanseer word.  Wat die sending nog meer interessant maak is dat ‘n super-Ingenuity met die naam, Dragonfly, die digte atmosfeer en opppervlak van Titaan sal ondersoek.  Die Dragonfly sal vier dubbelrotors hê.

Sondag 25 April 2021

Sterre en planete 25 April 2021

Die ruimtewetenskap het nog ‘n treetjie vorentoe geneem toe die Marshelikopter sy eerste vlug op die rooi planeet suksesvol onderneem het. Jim Adams  praat oor die sending en wat dit vir die toekoms beteken. Daar is allerhande vrae wat by mens opkom, soos wat het geword van die Marsstof wat sou opwaai as Ingenuity sou opstyg? Watter paadjie moes die sein loop van die helikopter af om by JPL in die VSA uit te kom?

Sondag 18 April 2021

Sterre en plante 18 April 2021

Dit is vanjaar 60 jaar gelede dat die eerste mens die ruimte ingeskiet is. Die span praat oor die vlug van Juri Gagarin. Daar is ook inligting oor jy weet of jy ‘n meteor of ‘n satelliet gesien het. Die span praat ook oor die gravitasielenstegniek waardeur baie veraf voorwerpe as’t ware vergroot word.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: