12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Sondag 7 Maart 2021

Sterre en planete 7 Maart 2021

Die hele program word gewy aan een van die opspraakwekkendste dele van die Perserverance-sending, Ingenuity – die Marshelikopter.  Toe dr. Japie van Zyl nog by JPL was, was hy een van die dryfvere om die helikopter deel van die sending te maak.  Jim Adams vertel hoe die helikopter werk en hoe groot die span is wat aan die klein tuigie van sowat 10 kubieke sentimeter gewerk het.

Sondag 28 Februarie 2021

Sterre en planete 28 Februarie 2021

Die mensdom is gaande oor die kwaliteit van die videobeelde wat ontvang is nadat die nuutste aankomeling op Mars, Perseverance, se beeldsending vrygestel is. Lafras Smit, ons sterrespeurder, vertel wat daar in Maart te sien  sal wees, onder andere ‘n konjunksie. En wat word op die Internasionale Ruimtestasie gedoen as iemand sou sterf?

Sondag 21 Februarie 2021

Sterre en planete 21 Februarie 2021

Met die Marstuig, Perseverance, wat sy pote op Mars neergesit het, is alle sintuie by Nasa en JPL nou daarop gespits om vas te stel of alles funksioneer. Een van die interessanste projekte is die Ingenuity Marshelikopter. Een van dr. Japie van Zyl se spanlede, Mimi Aung, wat die bestuurder van die Ingenuity projek is, vertel watter rol Japie gespeel het om die projek op sy bene te kry. Ons gesels ook met Magda Streicher wat twee asterismes opgespoor het, wat nou deur ‘n internasionale liggaam na oop sterrebondels herklassifiseer is.

Sondag 14 Februarie 2021

Sterre en planete 14 Februarie 2021

Die rooi planeet, Mars, is deesdae baie in die nuus.  In verlede week se program het Jim Adams uitvoerig gepraat oor Perseverance wat eersdaags op Mars land. Perseverance is egter nie al tuig wat sy opwagting in by Mars sal maak nie.  Daar is tuie van die Verenigde Arabiese Emirate en China wat projekte op Mars gaan onderneem. Daar is ook ‘n antwoord op ‘n luisteraarsvraag oor wat van die triljoene sonne se energie word wat hulle uitstraal.

Sondag 7 Februarie 2021

Sterre en planete 7 Februarie 2021

Ruimtewetenskaplikes sit vandeesmaand op die punte van hulle stoele, want die VSA se jongste Marstuig, Perseverance, sal op die 18de op die rooi planeet land. Jim Adams van Maryland in die VSA praat oor die ingewikkeldhede van die beoogde landing. Hy vertel ook van die eksperimente wat Perseverance sal doen.  Die ander deelnemers is prof. Matie Hoffman en Willie Koorts.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: