21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Nou op die lug: 21:20 - 22:10

Musiekbonbons

Met Terrance April

Terrance April

Volgende: 22:10 - 22:30

Islam in Fokus

Met Shahieda Carlie

22:30 - 23:00

Musiek op RSG

Met Jacques Arendt

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Vers en Klank

Dinsdag 31 Maart 2020

Vers en Klank 31 Maart 2020

Luister na wonderlike, klankryke gedigte uit Thomas Deacon se nuwe bundel, Duifiedorings. In Breyten Breytenbach se woorde: "Die man se menslikheid, oopheid vir ander en vir die omgewing, die rykheid en tekstuur van sy woorde en daarom sekerlik van sy kennis - is wonderlik om in te neem. Hy raak vir my op werklik inspirerende maniere aan wat dit beteken om digter te wees in hierdie land. En met die voelers en die sap en die sintuie van die digter maak hy die land 'n werklikheid, syne en daarom ons s'n, wat soveel verder gaan as grense en klimate." Dean Balie, wat die landskappe wat Deacon in die bundel beskryf soos die palm van sy hand ken, lees die gedigte voor. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 24 Maart 2020

Vers en Klank 24 Maart 2020

Die digter en vertaler, Daniel Hugo, gesels oor, en lees gedigte voor uit die nuwe bundel wat hy vertaal het, DIE SINGENDE WÊRELD. Die oorspronklike bundel is geskryf deur Marc Tritsmans, 'n Vlaamse digter en wetenskaplike. Dit spreek veral ekologiese kwessies aan. Joan Hambidge skryf in die resensie: "Dis 'n bundel vir George Claassen en predikers. Vir gewone lesers en poësieliefhebbers. Nog 'n bundel wat die vertaalskat vir Afrikaanse lesers verruim met dank aan die vertaler en Naledi." See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 17 Maart 2020

Vers en Klank 17 Maart 2020

Die digter Diana Ferrus lees gedigte voor uit haar roerende bundel, Die vrede kom later, wat opgedra is aan haar pa. Die gedigte handel oor die post-traumatiese stres wat soveel mans ná die Tweede Wêreldoorlog deurgemaak het, en hoe dit op intieme vlak hulle gesinne beïnvloed het met hulle terugkeer huis toe. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 10 Maart 2020

Vers en Klank 10 Maart 2020

June van Merch lees gedigte en los gedagtes van Jeanne Goosen. See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 3 Maart 2020

Vers en Klank 3 Maart 2020

Rolanda Marais gedigte uit die Antjie Krog se pragbundel, Fynbosfeetjies, met illustrasies deur Fiona Moodie. Dit bestaan uit 16 gedigte gebaseer op allerlei fynbosspesies wat elk geassosieer word met 'n unieke fee. See omnystudio.com/listener for privacy information.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: