13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Nou op die lug: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

Volgende: 15:00 - 15:05

Nuus

15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Vers en Klank

Dinsdag 10 Augustus 2021

Vers en klank 10 Augustus 2021

Chris van Niekerk skuif agter die mikrofoon in en lees enkele van sy gunsteling gedigte voor, met toevallig (of nie?) die leitmotif van die liefde. Jy kan uitsien na verse deur Breyten Breytenbach, N.P. van Wyk Louw, Ronnie Belcher, Peter Blum, Tessa Louw, Henning Pieterse, Churchil Naudé, M.M. Walters en Jeanne Goosen.

Dinsdag 3 Augustus 2021

Vers en klank 3 Augustus 2021

Ons luister na gedigte deur Willem de Swyger. Hy is ’n voltydse regsgeleerde en ’n deeltydse sanger-liedjieskrywer, wat saam met sy gesin in die Eikestad woon. Nic de Jager lees 'n paar van sy verse voor. Ons hoor ook verse begelei deur musiek, en toonsettings en liedjies op sy album, Kaalvoet, wat in 2020 die lig gesien het. As jy vir Willem vra hoe hy oor die album voel, haal hy graag die woorde van Beethoven aan: “Uit die hart het dit gekom, mag dit weer die hart bereik.”

Dinsdag 27 Julie 2021

Vers en klank 27 Julie 2021

Juanita Swanepoel lees gedigte voor van Olga Kirsch, die Jodin wat in Afrikaans gedig het al het sy die grootste deel van haar lewe in Israel deurgebring. Daniel Hugo skryf: “Die Afrikaanse digkuns is einde(r)loos en verryk deur sy “balling”digters: Elisabeth Eybers, Breyten Breytenbach, Barend J. Toerien, P.J. Philander, Sheila Cussons. Ook Olga Kirsch is meer as net ‘n “oorwinteraar in die vreemde”; sy is ‘n digter vir alle seisoene.”

Dinsdag 20 Julie 2021

Vers en klank 20 Julie 2021

Ons bring hulde aan een van ons grootste skrywers en digters, Petra Müller, wat in Junie 2021 oorlede is.  Jy kan uitsien na 'n wye verskeidenheid van gedigte en kort prosa deur Petra Müller wat voorgelees word deur Juanita Swanepoel, Margot Luyt, Anna-Mart van der Merwe, Joanie Combrink, Rolanda Marais, Marion Holm, Cintaine Schutte, Karli Heine, Elmari Johnson, Lise-Mari van Wyk en Jana Kruger.

Dinsdag 13 Julie 2021

Vers en klank 13 Julie 2021

Rolanda Marais lees gedigte voor uit Kameleon deur die Belgiese digter Charlotte van den Broeck. Die bundel is uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo. Kameleon is van den Broeck se bekroonde debuutbundel en bevat 'n reeks oënskynlik naïewe maar ironiese, speelse en subversiewe gedigte wat 'n meisie se identiteitsoektog na vrouwees karteer. Dit 'n ontdekking van die lyflike en van taal, en delf deur herinneringe, landskappe en vorms.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: