11:00 - 11:30

Musiek op RSG

Met Eloise Cupido

Nou op die lug: 11:30 - 12:00

Spesiale uitsending

Met Haidee Muller-Isaacs

Haidee Muller-Isaacs

Volgende: 12:00 - 13:00

Nic se goed

Met Nic de Jager

13:00 - 14:00

Spesiale uitsending

Met Terrance April

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Wie is ek?

Vrydag 7 Mei 2021

Wie is ek? 7 Mei 2021

Volgens navorsing is hoogsensitiwiteit nie ‘n persoonlikheidstrek nie, maar ‘n genetiese faktor. Vind meer uit wat ‘n hoogsensitiewe persoon se eienskappe is, of behandeling nodig is, en hoeveel mense hierdie eienskappe toon.

Vrydag 30 April 2021

Wie is ek? 30 April 2021

Demensie is die verlies van algemene kognitiewe vermoëns in ‘n voorheen helderdenkende persoon. Alzheimer se siekte is die bekendste vorm van demensie. Vind meer uit van die verskillende vorms van demensie, hoe die diagnose gemaak word, en hoekom die regte diagnose belangrik is vir sowel die individu as die geliefdes.

Vrydag 23 April 2021

Wie is ek? 23 April 2021

Aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsteurnis (AGHS) is ‘n probleem wat kinders se ontwikkeling benadeel. Die kern van die probleem is dat die kind se aandag maklik afgelei word, of dat oormatige hiperaktiewe gedrag hom of haar verhinder om op ‘n taak te konsentreer. ‘n Gebrek aan konsentrasie lei daartoe dat die kind nie in staat is om nuwe dinge aan te leer of inligting in te neem nie, en dit vertraag ontwikkeling.

Vrydag 16 April 2021

Wie is ek? 16 April 2021

Ons kyk na kompulsiewe opgaarversteurings, wanneer 'n persoon items, klere of selfs diere opgaar, en vreeslik angstig raak om van enige iets ontslae te raak.

Vrydag 9 April 2021

Wie is ek? 9 April 2021

As gevolg van artikels wat gereeld op sosiale media verskyn met opskrifte soos, Is my kind ‘n psigopaat? en Maak jy jou as kind ‘n psigopaat groot? het ons besluit om ondersoek in te stel oor hoe maklik of moeilik ouers hulle kinders in psigopate kan verander.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: